Saturday 30 June 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 03 (Christus het geen Gelyke nie)


Indien u hierdie preek wil uitdruk – Verlig die teks in hierdie venster en kopieer en plak dit daarna in enige Woordverwerkingsprogram (bv. MS Word of Word Perfect) – druk daarna gewoon uit.

1.    INLEIDING:
       Ons het in die eerste 3 verse van die Hebreërboek gesien dat God deur Christus geskep het, maar ook dat Jesus ver verhewe is bo die profete en dat God Sy finale openbaring deur Jesus Christus gebring het – m.a.w. ons sien God deur Jesus en ons sien Hom in en deur die Woord – God het klaar gepraat; Hy het deur Jesus gepraat en Jesus se spreke is vir ons in die Woord van God (die Bybel) vervat – ons het dus niks meer nodig nie – geen buite-bybelse openbaringe en -spreke nie!

       In die tweede, derde en vierde verse het ons Jesus gesien as Erfgenaam (v.2); as die Skepper (v.2); as die Onderhouer (v.3); as die Glansryke (v.3); as die Verlosser (v.3) en as Heerser (v.3). Vanoggend gaan ons na verse 4-7 kyk.

2.    SKRIFLESING:
       Hebr.1:1-14 ~ In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. 5Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees”? 6En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “Al die engele van God moet Hom aanbid.” 7Van die engele sê Hy: “Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.” 8Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. 9U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.” 10En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. 11Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos ’n kledingstuk sal alles verslyt; 12soos klere sal U dit oprol; ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.” 13Van watter engel het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het”? 14Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?

3.    DIE ENGELE:
       Met die koms van Jesus na die aarde, het die Joodse geloof al so verdraaid geraak dat hulle ’n hele onbybelse teologie rondom die engele ontwikkel het. Die Jode het geglo dat die engele gesofistikeerde boodskappers tussen hulle (die mens) en God was – hulle het geglo dat die engele hulle gebede na God dra.

       Daar was ’n baie belangrike godsdienstige groep of sekte binne die Judaïsme wat gedurende die tweede eeu voor Christus tot en met die eerste eeu na Christus bedrywig was. Hulle het bekend gestaan as die Esseners – dit was o.a. hulle wat die Dooie See rolle ontdek het. Hierdie Esseners het ’n baie hoë dunk gehad van engele en baie waarde geheg aan die bediening van engele. Hulle het o.a. geglo aan die koms van die Messias, maar dat daar twee Messiasse sou kom – ’n koninklike Messias wat ondergeskik sou wees aan ’n priesterlike Messias, maar beide hierdie Messiasse sou weer ondergeskik gewees het aan die aartsengel Gabriël.  

Waarskynlik het die gelowiges aan wie die Hebreërskrywer geskryf het, uit ’n agtergrond gekom waar prominensie verleen is aan engele – veel meer as wat die Woord doen en het hy dit nodig geag om aan sy lesers die feit te beklemtoon dat Jesus veel-veel meer is as engele en dat hul fokus op Jesus moet wees en nie op engele nie. Ons kry nog steeds vandag diesulkes wat ’n baie spesiale plek aan engele in hulle lewens gee, en is hierdie boodskap van die Hebreërskrywer nie so ver verwyder van ons, as wat ons dalk wil dink nie.

       Ten einde enige onsekerheid dan onder sy lesers uit die weg te ruim van wie Jesus werklik is, kom die Hebreërskrywer en maak hy gebruik van die Ou Testament om aan te toon dat Jesus ver verhewe is bo enige ander skepsel of engel en hy doen dit deur spesifiek te verwys na die besondere verhouding wat daar bestaan tussen die Vader en die Seun Jesus Christus.

4.    KONING JESUS:
       Ons sien in v.5 van Hebr.1, die eerste aanhaling uit die Ou Testament wat die skrywer gebruik, nl. ~ ...Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees”? Hierdie is ’n direkte aanhaling van Ps.2:7 waar daar staan ~ Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.

       Ten einde beter te verstaan wat die Hebreërskrywer presies vir ons hier wil sê, moet ons na die betekenis van die Psalm in geheel kyk. Die Psalm was geskryf in ’n tyd dat Israel waarskynlik ’n krisis beleef het en een van haar konings (waarskynlik Dawid) het in gevaar verkeer, want sy vyande het byeen gekom om hom omver te werp. Dit gaan in hierdie Psalm egter om nog meer as bloot net die omverwerping van ’n Israelse koning – dit gaan ook oor die rebellie van die wêreld teen die Almagtige God. Kyk na vv.1-2 van Ps.2 ~ Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne—en dit tevergeefs? 2Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde. Wie is die gesalfde van wie hier gepraat word en wanneer het leiers van die aarde saam gespan teen die Here?

       Die eerste eeu se gelowiges het geen twyfel daaroor gehad dat hierdie woorde in Ps.2 ’n profesie was, van wat reeds in hulle tyd vervul is. Sien Hand.4:24-28 ~ Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. 25En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? 26Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. 27Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is, 28en hulle het alles gedoen wat U vooruit beskik en besluit het. Ons sien hier, die reaksie van die eerste eeu se gelowiges, nadat Johannes en Petrus in hegtenis geneem is en hierdie is weereens ’n presiese aanhaling uit Psalm 2. Ook hier het Herodes en Pilatus opgetree teen die lewende God en nie maar net teen ’n aardse koning nie.

       Ps.2:4 toon aan ons wat God van sulke menslike optrede teen Sy Gesalfde dink ~ Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle. En dan in v.6 sê God dat Hy Sy Seun self as Koning gesalf het en in v.7 sê Jesus self dat die Vader vir hom gesê het ~ ...Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader. Wie dink die wêreld is Jesus werklik? Is Hy maar net soos die engele, of dalk selfs ondergeskik aan hulle? Waarom heg mense soveel waarde aan engele eerder as aan Jesus die Christus? Oral sien ’n mens prentjies en beeldjies en draadfiguurtjies van engeltjies en so word die fokus weggedraai van Jesus en gevestig op ondergeskikte, mindere wesens!

       Wanneer mense soveel klem op engele plaas en Jesus in die proses gelykstel of selfs ondergeskik aan engele, is hulle presies waar die destydse Esseners was, of selfs waar die "Jehova se Getuies" in ons dae is. Die Jehovas sê dat Jesus nie een is met God nie en dat Hy ’n begin gehad het en nie soos ons glo van ewigheid af reeds daar is nie. Daarom is Hy (volgens hulle) minder Goddelik as die Vader. Hulle grond hulle standpunt o.a. op hierdie vers in Ps.2 en dan spesifiek die gedeelte wat sê ~ ... van vandag af is Ek jou Vader. Hulle reken dat die uitdrukking, "van vandag af" daarop dui dat Jesus nie voorheen God se Seun was nie. Hierdie is natuurlik nie ’n verwysing na Jesus se "ontstaan" nie, maar dit verwys na Jesus se opstanding uit die dood –  Hand.13:32-33 ~ En nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders 33vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan daar dan ook in die tweede psalm geskrywe: Jy is my Seun, vandag het Ek aan jou die lewe gegee. Die profesie in Ps.2:7 is dus vervul tydens die opstanding van Jesus.
      
       Psalm 2 leer ons dat die ganse mensdom in rebellie teen God is, maar Ps. 2 is duidelik daaroor dat hierdie rebelse menseras, bedroë daarvan gaan afkom, as ons durf waag om in opstand teen God te kom – hoor net wat sê vv.10-12 van die Psalm ~ Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde! 11Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig 12en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek. Die enigste wyse om God se toorn vry te spring, is om ons toe te wy aan Hom en onder Sy gesag te buig.

       Dit is dus duidelik uit v.5 van Hebr.1, dat God verklaar dat Sy Seun Jesus Christus bo alles en almal is en spesifiek ver verhewe is bo enige engel of aardse maghebber. Jesus die Christus het geen gelyke nie – Hy is voorwaar Jesus Christus, die Koning!

5.    JESUS DIE EWIGE SEUN VAN GOD:   
       ’n Tweede aanhaling uit die Ou Testament vind ons in die tweede deel van v.5 ~ Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees. Hierdie is ’n aanhaling uit 2 Sam.7:14 waar Natan vir Dawid gesê het dat een van sy nageslag, die eerste Tempel vir God in Jerusalem sou bou. Daar is egter terselfdertyd geprofeteer dat Dawid se seun se koningskap vir altyd sal duur (2 Sam.7:14) – bedoelende dat Jesus die ewige Koning, uit Dawid se nageslag sou kom.

       Omdat die gelowiges aan wie die Hebreërskrywer geskryf het, terug geneig het na die Judaïsme en omdat hulle die Ou Testament baie goed geken het, verwys hy hulle na hierdie gedeelte, ten einde hulle daaraan te herinner dat die koms van Jesus reeds in die Ou Testament geprofeteer was. Hy wil dus vir hulle sê dat dit ondenkbaar is dat hulle die Ou Testamentiese profesie ken en terselfdertyd die vervulling van daardie profesie ervaar het en dit nou oorweeg om terug te keer na die Judaïsme! Om Jesus as Koning te verwerp, is om die hele Ou Testament en daarmee saam, ook die Nuwe Testament te verwerp.

       Deur 2 Sam.7:14 aan te haal wil die skrywer ook die ewige status van God se Seun beklemtoon – daar sal dus nooit in der ewigheid ’n oomblik wees dat Jesus nie die Seun van God sal wees nie en geen engel kan daarmee vergelyk word nie! Jesus is die unieke Seun van God (2 Kor.1:19).

       As ons na teksverse soos Rom.5:9; 8:14 en 9:26 kyk, sien ons dat ons wat gelowiges is, ook seuns van God is. Jesus is uit die aard van Sy wese, Seun van God, maar ons is seuns van God uit genade. En daarom is Jesus ons Oudste Broer! Net soos wat Jesus, ewige Seun van God is, is God se kinders (ons) ook ewige seuns van God!

6.    ELKE KNIE SAL VOOR JESUS BUIG:
       Die Hebreërskrywer haal ’n derde gedeelte uit die Ou Testament aan as hy in v.6 sê ~ En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: Al die engele van God moet Hom aanbid. Hierdie is natuurlik ’n aanhaling uit Deut.32:43 wat ’n gedeelte is van die "Lied van Moses". Hierdie aanhaling kom egter ook uit Ps.97:7 en Ps. 97 is deel van ’n groep Psalms wat handel oor God se oordele en heerskappy – dit word baie mooi uitgespel in Ps.96:11-13 ~ Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Net vroeër in dieselfde Psalm sien ons egter ook dat Christus op so ’n wyse gaan kom, dat elke mens op aarde Hom sal sien en dit sal gepaard gaan met geweldige oordele oor die onregverdiges (vv.3-7) en in Rom.14:11 en Fil.2:9-11 sien ons dat elke knie op daardie dag voor Christus sal buig – ja, óók die engele sal hul knieë voor Hom buig! Elke mens en elke engel sal op daardie grootse dag erken dat Jesus die Christus is – gelowiges sal dit met blydskap en diepe dankbaarheid doen en ongelowiges tot hul ewige en nimmereindigende spyt!

       God se Seun het geen gelyke nie, want Hy is terselfdertyd God!
        
7.    ’n LAASTE WOORD OOR DIE ENGELE:
       Ek wil net ten slotte iets sê oor die engele. Die Hebreërskrywer begin v.5 met ’n retoriese vraag, wanneer hy skryf ~ Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees”? Die skrywer wil eintlik hierdeur sê: Daar is nie ’n enkele engel vir wie God gesê het dat daardie engel ’n seun van God is nie en Hy sê dit juis om Jesus se Seunskap te beklemtoon. Maar wie of wat is die engele dan?

       In teenstelling met Jesus wat God se Eersgeborene is (v.6), is die engele ondergeskik aan Jesus en sien ons dat die skrywer hulle aan ons in twee rolle voorstel, nl. dié van wesens wat Christus moet aanbid (v.6) en dié van dienende geeste (v.7).

       Behalwe dat die skrywer vir ons in v.6 sê dat God opdrag aan die engele gee om Jesus te aanbid, word dit ook geïmpliseer in Ps.97:7.

       In Ps.104:4 word die rol van engele baie mooi beskryf, nl. dat hulle in diens van God staan en in daardie geval, Sy boodskappers is. In teenstelling met wat baie mense glo (ook die ou Judaïste soos vroeër gemeld), is die engele nié in diens van die mens nie, maar uitsluitlik in diens van God – ons sien dit dan ook in Hebr.1:14 ~ Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie? In die Woord van God sien ons baie duidelik dat engele geskape, hemelse wesens is wat primêr optree as boodskappers vir God en hierdie boodskappe behels bepaalde openbarings en die aankondiging van sekere spesiale geleenthede. Ons sien dit bv. in Gen.19 waar twee engele die verwoesting van Sodom aan Lot bekend maak. In Eks.3 verskyn ’n engel aan Moses in die brandende bos en gee aan hom die opdrag van God, om sy volk uit Egipte te lei. In Rigters 2 kondig ’n engel God se oordeel oor die volk Israel aan. In Matt.1 stel ’n engel vir Josef gerus en verduidelik hy Maria se swangerskap aan Josef, nl. dat sy deur die Heilige Gees, swanger geword het.

       Daar is egter ook Skrifgedeeltes wat aan ons toon dat engele in opdrag van God, Sy kinders beskerm (bv. Eks.14:19-20 – ’n engel van God trek voor die volk uit; 1 Kon.19:1-8 – Elia deur ’n engel in die woestyn beskerm; Hand.12:7-11 – ’n engel red Petrus uit die tronk). Ons moet egter daarop let dat mense nie om hierdie rede nou direk met die engele moet probeer praat en vra om beskerming nie – God gee aan engele opdrag om dit te doen en daarom moet ons en mag ons nét tot God bid en Hóm om beskerming vra – of Hy dit nou deur engele doen al dan nie, maak tog immers nie saak nie.      

8.    AFSLUITING:
       Wanneer ons na hierdie openingsverse in Hebreërs 1 kyk, is dit baie duidelik dat Jesus God is en dat ons Hom nie hoog genoeg kan ag nie, trouens ons as gelowiges behoort opnuut weer Jesus se grootsheid te bewonder en Hom daarvoor te eer.

       Die Christelike geloof bied nie aan die wêreld net nog ’n ander geestelike leier of profeet, soos talle ander wêreldse geestelike leiers wat gekom en gegaan het nie. Nee, die Woord van God bied aan die wêreld die Verlosser, die Messias, die Koning van alle konings – die ewige Jesus Christus! En die opdrag – die boodskap wat ons hier uit Hebr.1:4-6 kry is: Aanbid Jesus die Christus en volg Hom na – as die engele dit moet doen, dan ons ook soveel te meer!


[1]Boodskap deur Kobus van der Walt te Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Meyerton) - Sondag, 01 Julie 2012

Saturday 23 June 2012

Christ our Offering Lamb

1.    INTRODUCTION:
Paul says in verses like Rom.3:20 ~ For by works of the law no human being will be justified in his sight, since through the law comes knowledge of sin and Gal.3:24 ~ So then, the law was our guardian until Christ came, in order that we might be justified by faith.  When we look at these verses, it is crystal clear that no one can be saved and inherits eternal life through good works – the only way to be saved, is through Christ Jesus.

Paul also says a very interesting thing here in Rom.3 – he says that the law was given to man in order to reveal sin in part to man, but also to reveal God's gracious gift of cleansing man from sin.  Leviticus 5 does exactly the same:
·           It starts off with the things that have been left undone and are sin and then instructing the guilty in the way of purification.
·           When we look at the sins, mentioned here in Lev.5, it helps us in the second place, to understand the nature of "sins of omission" that much better,
·           But it also helps man in the third place, to appreciate God's high standard for holiness that much better.
·           A fourth thing is that this chapter also displays God's grace in providing for sinners – not simply in allowing them to find purification through sacrificial atonement, but in making it possible for everyone, even the very poor, to have access to Him.
·           Lastly, this chapter also introduces the requirement of confession for sin.  This part of the ritual was of crucial importance, because without confession, the offering was empty and no forgiveness could be obtained.
2.     SCRIPTURE READING: 
       Lev.5:1-13 ~ “If anyone sins in that he hears a public adjuration to testify, and though he is a witness, whether he has seen or come to know the matter, yet does not speak, he shall bear his iniquity; 2 or if anyone touches an unclean thing, whether a carcass of an unclean wild animal or a carcass of unclean livestock or a carcass of unclean swarming things, and it is hidden from him and he has become unclean, and he realizes his guilt; 3 or if he touches human uncleanness, of whatever sort the uncleanness may be with which one becomes unclean, and it is hidden from him, when he comes to know it, and realizes his guilt; 4 or if anyone utters with his lips a rash oath to do evil or to do good, any sort of rash oath that people swear, and it is hidden from him, when he comes to know it, and he realizes his guilt in any of these; 5 when he realizes his guilt in any of these and confesses the sin he has committed, 6 he shall bring to the Lord as his compensation for the sin that he has committed, a female from the flock, a lamb or a goat, for a sin offering. And the priest shall make atonement for him for his sin.7 “But if he cannot afford a lamb, then he shall bring to the Lord as his compensation for the sin that he has committed two turtledoves or two pigeons, one for a sin offering and the other for a burnt offering. 8 He shall bring them to the priest, who shall offer first the one for the sin offering. He shall wring its head from its neck but shall not sever it completely, 9 and he shall sprinkle some of the blood of the sin offering on the side of the altar, while the rest of the blood shall be drained out at the base of the altar; it is a sin offering. 10 Then he shall offer the second for a burnt offering according to the rule. And the priest shall make atonement for him for the sin that he has committed, and he shall be forgiven. 11 “But if he cannot afford two turtledoves or two pigeons, then he shall bring as his offering for the sin that he has committed a tenth of an ephah of fine flour for a sin offering. He shall put no oil on it and shall put no frankincense on it, for it is a sin offering. 12 And he shall bring it to the priest, and the priest shall take a handful of it as its memorial portion and burn this on the altar, on the Lord’s food offerings; it is a sin offering. 13 Thus the priest shall make atonement for him for the sin which he has committed in any one of these things, and he shall be forgiven. And the remainder shall be for the priest, as in the grain offering.”

3.    CONCISE EXPLANATION OF TEXT:
       Leviticus 5 begins by listing special cases that might not have been considered part of the purification ritual, but nonetheless should be.

       The first case deals with withholding evidence.  The text indicates that any person who was an eyewitness or gained information should step forward and provide it to the magistrates.  The implication is that some time has passed since the crime, and eyewitnesses have not come forward, even though they were bound by oath to do so.  If a person who was an eyewitness at e.g. a crime and did not come forward with the evidence, then he had to bear his own iniquity by receiving the punishment for his sin.

       In vv.2-3 we read about people who touch unclean objects, or a human corpse, for instance – even by accident.  Such people also became ceremonially unclean and had to purify themselves within the prescribed time.    

       Verse 4 deals with an unfulfilled oath – even oaths that were made rashly.  If someone took an oath, but forgot to fulfil it, or choose to postpone it because it was unpleasant, he also needed purification, especially if we keep in mind that such a person could experience Divine punishment.

       Verses 5-6 however offered forgiveness, but confession was needed.  So, whenever the guilty realised that he was in sin and he had remorse for it, the first thing to do was confess the sin.  We must realise that when we acknowledge sin, it means that we agree with God's assessment of the sin.  That was exactly what the people of Israel realised, but what is more, the law also required the guilty to confess or acknowledge their sin in public.  This was an essential part of their restoration process.

       I personally think that if we should start to acknowledge and confess our sins in public (here in the church for instance), we will get to the point where we will experience true repentance and our sanctification will increase so much more.  James in James 5:16 supports this idea when he says ~ Therefore, confess your sins to one another and pray for one another, that you may be healed. The prayer of a righteous person has great power as it is working.  Also Acts 19:18 supports this idea ~ Also many of those who were now believers came, confessing and divulging their practices.

       In the New Testament the word "confess" is also used for both confessing sin and confessing the lordship of Jesus Christ – 1Joh.1:9 ~ If we confess our sins, he is faithful and just to forgive us our sins and to cleanse us from all unrighteousness.   Rom.10:9-10 ~ …because, if you confess with your mouth that Jesus is Lord and believe in your heart that God raised him from the dead, you will be saved. 10 For with the heart one believes and is justified, and with the mouth one confesses and is saved.  It is however important to still keep in mind, that acknowledging the truth is behind both these uses.

       Two very important points should be made about vv.7-13:
·           No matter how prolonged the guilt has been, the purification offering may still be brought; and
·           Access was available to all, even the very poor who did not have the appropriate animals for the sacrifice. 

       These two points are equally important to us today as well – no matter how long ago we have sinned and no matter what our social or financial status are – we always have access to the Lord to confess and receive forgiveness for our sins!

       It is not too difficult to correlate these kinds of sins, mentioned here in Lev.5, with the New Testament and thus to our time.  The Apostle Paul makes it clear that the believer's word should be at all times, true and reliable, whether or not an oath was actually used – Eph.4:25 is very clear about this ~ Therefore, having put away falsehood, let each one of you speak the truth with his neighbor, for we are members one of another.  If we should take a wow for whatever reason, it must surely be fulfilled.  Christ Himself, when placed under oath to answer the high priest, responded with His witness ~ But Jesus remained silent. And the high priest said to him, “I adjure you by the living God, tell us if you are the Christ, the Son of God.” 64 Jesus said to him, “You have said so. But I tell you, from now on you will see the Son of Man seated at the right hand of Power and coming on the clouds of heaven" (Matt.26:63-64).   Today we know that this was a promise made under an oath that Jesus fulfilled and that He will still fulfil in future with the second return of our Lord.

       When we look at Lev.8:15 we see that the Lord gave instructions to Moses in connection with cleansing of the Tabernacle and that was because man's sin defiled the Tabernacle and because of man's sin and the defiling of the Tabernacle, fellowship between the sinner and God was shut off. 

4.    THE LORD'S SUPPER:
       In Old Testament times, the law served the purpose of reminding the people of their sins, no matter how minute.  Today we have the Law (the Word of God) in our own hands and the more we read the Bible, the more the Word brings light to our sins that we have committed or left unconfessed.  As New Testament believers, we must also confess our sins in order to maintain fellowship with the Father.  We must always keep 1Joh.1:9 in mind ~ If we confess our sins, he is faithful and just to forgive us our sins and to cleanse us from all unrighteousness.  When we therefore confess our sins, there is immediate cleansing by the blood of Christ – Christ the perfect and complete Offering Lamb that was slain and offered on our behalf, in order to forgive us and grant us permanent access to the Father.

       Today we have the wonderful opportunity to commemorate this aspect of our Lord's purification rite on our behalf, by means of the Holy Communion or the Lord's Supper.

       What happens during the Lord's Supper?
·           Paul says in 1Cor.11:26 ~ For as often as you eat this bread and drink the cup, you proclaim the Lord’s death until he comes.  We as believers confess afresh our faith in Jesus Christ when we take part in the Lord's Supper.  It is also a public testimony of our personal faith in, and commitment to, the crucified and risen Christ.  Without devotion to Christ from the heart, and an enthusiastic resolve to be His disciple, there is no reason to expect any blessing from God.  According to Hebr.11:6, it is impossible to please God without faith.
·           As a symbolic feast, the Supper also has a profound corporate dimension.  It draws believers together in the fellowship of Christ's saving work as they confess the same Lord and the same faith.  It is a covenant bond of union horizontally as well as vertically.
·           The Old Testament believers had communion with the Lord when they brought their burnt- and sin offerings.  We as believers also commune with Jesus Christ when we partake in the Lord's Supper.  Jesus says in Matt.26:29 ~ I tell you I will not drink again of this fruit of the vine until that day when I drink it new with you in my Father’s kingdom.   It is important to take notice of the fact that the Kingdom is already NOW even though it has NOT YET come to the completion and consummation to be effected when Jesus returns.  In the light of this truth, we as believers can enjoy the fellowship around the Lord's Table as a foretaste and anticipation, in sign and symbol, of the promised marriage supper of the Lamb that will take place in heaven (Rev.19:7-9).
·           A question that we may ask is:  Why did Jesus institute the Supper?  The answer is so that it would be to us a "cup of blessing" – a cup blessed in itself for what it represents, and therefore designed to be a blessing to those who partake of it.  1Cor.10:16 says ~ The cup of blessing that we bless, is it not a participation in the blood of Christ?  The bread that we break, is it not a participation in the body of Christ?  Clearly, the blessing flows form the Lord, in virtue of His atoning death for sinners.  He imparts Himself, His comfort, His assurance, His love – the very love that took Him from eternity to Calvary in the first place.  The Lord's Supper therefore is a means of grace to us; a conveyance of divine love to the soul, an imparting of Christ to the renewed heart, a communion of saints with their Saviour.
·           We also proclaim Christ's death when we partake of the Lord's Supper.  When we say that we proclaim Christ's death, it implies that we must review afresh our relationship to the Lord.  We must also recommit our lives to Him and rejoice in His precious salvation.  The Supper is thus an opportunity to evaluate and review our relationship towards the Lord, as well as our personal discipleship.

       When we say that we proclaim the Lord's death, we also have to ask ourselves what the implications of His death are for our lives.
-        The first implication is that we must grieve over our sins.  Not just sin in general, but sin itself as an underlying feature of our thought life and actual performance. 
-        But, in the second place – We cannot just weep over our sins, we must at the same time rejoice in Christ, because through the Lord's Supper, we also proclaim His death.  And because we trust in His death for our salvation, we have reason to rejoice.  The Lord's Supper is therefore truly a feast – that is why Jesus said in Mark.2:19 ~ Can the wedding guests fast while the bridegroom is with them? As long as they have the bridegroom with them, they cannot fast

5.    CONCLUSION:
       Let us therefore take some time for reflection and introspection and let us then gather around the table in order to demonstrate our unity in Christ Jesus, but let it also be a time of joy and thanks to the Lord for what He did for us!


[1]Message delivered by Kobus van der Walt at Vaal Triangle Baptist Church

Saturday 16 June 2012

Die Brief aan die Hebreërs - 02 (Christus die Middelpunt)


1.    INLEIDING:
       Die Hebreërskrywer rig hierdie skrywe van hom aan ’n groep gelowiges wie se geloof besig is om te kwyn. Hulle kry swaar en gaan gebuk onder Nero se vervolging en die vraag het heelwaarskynlik by baie van hulle opgekom: Tot watter mate is God nog betrokke by ons en die wêreld om ons? Is God nog regtig betrokke? Is dit nie maar dieselfde vraag wat baie dikwels in gelowiges in ons dag se gemoed opkom nie – dalk in jou gemoed? Is God nog regtig betrokke by ons? Kyk net hoeveel mense word verkrag en beroof en vermoor! Aborsie is aan die orde van die dag. Honderde mense word vandag in Sirië afgemaai. Daar heers grootskaalse korrupsie in die regering. Kyk maar hoe gaan dit in die kerk in ons dag, ens. Is daar hoop vir ons land; vir die wêreld; vir my?

2.    SKRIFLESING:
       Hebr.1:1-4 ~ In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. 3Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam.

3.    CHRISTUS DIE MIDDELPUNT:
       As ons wonder of God nog regtig betrokke is by ons en die wêreld rondom ons, dan wil die Hebreërskrywer vir ons die versekering gee, dat Hy wél ten nouste betrokke is by ons. Hy verskaf hierdie sekuriteit aan ons, deur vir ons daarop te wys dat Jesus Christus, nie alleen die Skepper van die ganse heelal is nie, maar ook die Instandhouer, of Onderhouer van alles is. Meer nog, ons teksvers sê ook dat Hy jou Verlosser is! Jesus, die Opgestane Christus is derhalwe die fokuspunt – die middelpunt, in ons teksvers – soos wat Hy ook die fokuspunt van die ganse Woord van God is!

       Ons het verlede week gesien dat Christus, God se finale openbaring is en dat Hy op geen ander manier meer met die mens kommunikeer, as deur Sy Seun Jesus Christus nie en ons het ook gesien dat alles wat ons nodig het om te weet, in die Woord van God vervat is.

       Die Hebreërskrywer wil egter aan sy lesers dan ook verduidelik wie hierdie Christus is deur wie God met ons praat en daarom beskryf hy eers vir ons wie Christus werklik is. Hy doen dit dan ook op hierdie wyse om aan ons te toon dat God se openbaring (spreke) deur Sy Seun, waarlik verhewe is bo enige iets of iemand of ervaring wat ons ooit in die verlede mag gehad het – daar is niemand soos Hy nie en omdat daar niks of niemand soos Hy is nie, moet ons luister en kan ons rus in die wete dat Hy betrokke is in my lewe en die wêreld rondom ons.  

       Ons sien dan in ons teksvers, ses waarhede t.o.v. Christus en ek wil hê dat ons daarna sal kyk vanoggend:
·           Christus die Erfgenaam (v.2).
·           Christus die Skepper (v.2).
·           Christus die Onderhouer (v.3).
·           Christus die Glansryke (v.3).
·           Christus die Verlosser (v.3).
·           Christus die Heerser (v.3-4).

4.    CHRISTUS DIE ERFGENAAM:
       Ons lees in v.2b, dat Christus die Seun van God is en omdat Hy die Seun van God is, is Hy ook die enigste Erfgenaam van alle dinge. Ons sien in selfs die Psalms dat Christus die enigste erfgenaam van God is – Ps.2:8-9 ~ Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg. 7Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader. Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting. 9Jy sal hulle verpletter met jou ystersepter, hulle flenters slaan soos ’n kleipot.   

       Ons sal ook nou hierna sien, dat God deur Jesus geskep het, maar wat van belang is, is dat God dit alles geskep het, vir Christus Sy Seun (Kol.1:16). En Rom.11:36 leer ~ Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. Die Woord van God is dus baie duidelik daaroor, dat alles in die ganse fisiese heelal aan Christus behoort. Daar is egter iets wat nog meer verstommend is en dit is dat baie mense deel uitmaak van Christus se erfporsie – diegene wat mede-erfgename geword het op grond van Sy soendood aan die kruis. Ons wat in Christus glo en in Hom uitverkies is, is derhalwe deel van Sy erfenis (Ef.1:18) – ons sien dat Paulus hierdie feit bekragtig deur in Rom.8:17 die volgende te sê ~ En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus.... Ons is saam met Christus, erfgename – mede-erfgename en in 1Kor.3:21-23 sê Paulus dat ...alles (aan ons) behoort en dat ons aan Christus behoort en omdat Christus aan God behoort en ons as mede-erfgename aan Christus behoort, behoort ons ook aan God! Wat is die implikasie van Christus se erfporsie? Wat erf Hy? Hy erf, en dit sal ons netnou ook sien, die heerskappy van die ganse heelal en al die seën wat gepaard gaan met die Koninkryk van God, maar ons erf ook die verheerliking wat Christus geërf het en dit beteken dat elkeen wat in Christus is, met Christus se wederkoms, verheerlikte liggame gaan ontvang ~ Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees (Fil.3:21). Ons kan die dood met vrymoedigheid en vreesloos tegemoet gaan, want die oomblik dat ons sterf, gaan ons in die teenwoordigheid van God wees en gaan ons God se oordele vryspring. Ons lees hiervan in Rom.8:33-34 ~ Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

       Die erfenis wat ons in Christus deelagtig gaan word, sluit o.a. ook in dat ons eendag oor volle kennis sal beskik – 1Kor.13:12 ~ Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.  

       As ons kyk na Openb.21:1-5, sien ons dat ons net soos die res van die skepping, nuut gemaak gaan word!

       In hierdie seën gaan elkeen van God se kinders eendag deel hê – saam met Christus! Wat ’n vooruitsig!

5.    CHRISTUS DIE SKEPPER:
       As inleiding het die Hebreërskrywer vir ons, Christus as Erfgenaam geskets. Nou kom hy in die tweede plek en sê hy vir ons dat Christus ook Skepper is. Christus was nie bloot maar net ’n passiewe instrument tydens die skepping nie – Hy was medewerkende instrument – medewerkend, omdat Hy niks sonder God kan doen nie, of anders gestel, Hy doen niks wat Hy nie die Vader sien doen nie (Joh.5:19).

       Kol.1:16 gee vir ons meer leiding hier ~ God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Hier sien ons dat alles deur Christus geskape is en daarom is Christus ook die begin van alles. Die woord wat gewoonlik in die Grieks gebruik word vir die hemel en die aarde, is kosmos, maar die woord wat hier gebruik word is αἰώνιος (aiōnios) en dit dui op tydperke of jare, sonder begin en sonder einde. Jesus Christus is dus nie alleen verantwoordelik vir die skepping van die materiële aarde en hemel nie, maar ook van tyd en energie – Hy het dus alles in die ganse heelal geskep, maar ook alles om dit in stand te hou en te laat "tiek" en Hy het dit goed gedoen – Hy het dit volmaak gedoen!  Net om vir jou ’n idee te gee van die grootsheid van die heelal – die verste objek wat al waargeneem is in die heelal, het die naam van GRB 090423 en is 142000000000000000000000 kilometer van die aarde af (ek weet nie eens hoe om dit uit te spreek nie), maar wat meer is – Christus het dit geskep! Ons hoef nie te wonder oor waar dit vandaan kom nie – God se Woord sê vir ons – Christus is die Skepper daarvan!

6.    CHRISTUS DIE ONDERHOUER:
       Wat nog wonderliker is, is dat v.3 van ons Skriflesing vir ons sê dat Christus dit alles deur Sy magswoord in stand hou!  Hy is dus die Onderhouer van hierdie heelal. Kol.1:17 stel dit vir ons pragtig ~ Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. Dit is baie duidelik dat Hy kan doen wat ons nie een kan dink om te doen nie – materieel sowel as geestelik – Ps. 51:10 bevestig dit wanneer dit sê ~ Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Benewens die feit dat Hy die kleinste stofdeeltjie en die verste hemelliggaam kan skep, kan Hy ook in jou en my, rein harte skep; Hy kan ons gees vernuwe en ons standvastig maak en soos Joh.10:28 sê ~ Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Daar is dus niks in jou ganse wese of siel wat Hy nie kan herskep nie. Waarom is dit so dat baie mense altyd sê: Ag ek kan tog nie verander nie! Ja, dit is waar dat jy uit jouself dit nie kan doen nie, maar Christus kan – as Hy die ganse heelal kon skep, waarom kan Hy jou, "klein stoffie", nie ook herskep nie? Jy is geen uitsondering as dit kom by Sy skeppingsmag nie. Ons hoef ook nooit daaraan te twyfel of ons die eindstreep gaan haal of nie – Hy is ook die onderhouer van ons siele soos wat ons nou net in Joh.10:28 gesien het.

7.    CHRISTUS DIE GLANSRYKE:
       Ons lees ook in v.3a van ons Skrifgedeelte ~ Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Christus is dus die Glansryke wat God se heerlikheid weerspieël.

       Joh.14:7 sê dat indien ons Jesus ken, ons ook die Vader sal ken en Hom kan sien, want soos v.3 sê, Jesus is die ewebeeld van die wese van God. Hier is egter ’n voorwaarde aan verbonde en dit is dat ons Jesus die Christus sal moet ken, want daarsonder kan ons die Vader nie ken of sien nie. As jy nie Christus ken en derhalwe nie God die Vader kan ken en sien nie, is daar steeds hoop vir jou, want Paulus sê vir ons in 2 Kor.4:6 ~ God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. Christus wat kan skep en kan instandhou, kan ook in jou hart die lig laat skyn sodat jy die heerlikheid van God kan beleef – en wat is hierdie heerlikheid wat ons kan beleef en wat behels dit?
       Die Griekse woord wat hier vir "heerlikheid" gebruik word, is ἀπαύγασμα [apaugasma] en beteken letterlik "om helderheid uit te straal". In hierdie geval is dit dus Christus wat God se majesteit volkome uitstraal. Ons moet daarop let dat Christus, God se heerlikheid uitstraal  en nie net reflekteer of weerkaats nie. Daar is ’n groot verskil tussen die twee. Die maan weerkaats lig vanaf die son na die aarde – die maan is dus nie die bron van lig self nie. Die son daarenteen straal lig uit – dit is dus die bron van lig. Dit is presies wie Christus ook is – Hy is ook die Bron van God se heerlikheid en dit dui op Sy Goddelikheid – Hy is dus die Tweede Persoon van die Drie-enige God. 
       Wat straal Christus uit? Hy straal o.a. God se grootsheid uit; Sy almag; Sy heiligheid; ens. – al God se karaktereienskappe (attribute) word dus deur Christus uitgestraal – en nie net uitgestraal nie, maar ons kan dit ook ervaar en ken, omdat Jesus self gesê het, dat indien ons Hom ken en Hom sien, ons ook die Vader ken en sien (Joh.14:7; 2 Kor.4:6). Jesus Christus is dus die volmaakte voorbeeld van uitnemendheid soos vervat in God se karaktereienskappe en waarna die mens kan en moet streef. Trouens in 2 Kor.3:18a sê Paulus ~ Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here.... Daar rus dus ’n geweldige verantwoordelikheid op ons skouers om hierdie feit op ’n waardige wyse gestand te doen – leef ons asof ons die heerlikheid van God weerspieël?

       Jesus Christus kan hierdie heerlikheid van God aan ons oordra, sodat ons dit weer verder kan weerkaats na andere. Ons leef in ’n donker wêreld en ons beleef duistere tye (ook in die Kerk in die algemeen) – daar heers oorloë en misdaad, korrupsie en verkragtings, ens. rondom ons en mense het nood aan God se heerlikheid – mense het nood aan Christus, want sonder die Seun van God, is daar net duisternis.

       Die groot tragedie in ons dag, is dat die wêreld nie verligte oë wíl hê nie, want Paulus sê vir ons in 2 Kor.4:4 ~ Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. As hulle egter God se lig ontvang, sal hulle saam met Paulus kan sê ~ God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal (2 Kor.4:6). En wanneer hulle hierdie Lig ontvang, sal die lig vir hulle sin in die lewe gee; dit sal vir hulle geluk en vrede bring, ja alles wat nodig is vir die ewigheid!

8.    CHRISTUS DIE VERLOSSER:
       Die Hebreërskrywer wil sy lesers verder bemoedig enaanmoedig deur die volgende grondwaarheid weer met hulle te deel, nl. v.3c ~ ...Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het.... Hierdie Jesus Wie Erfgenaam van alles is; hierdie Jesus deur Wie God alles geskep het; hierdie Jesus wie Onderhouer van alles is; hierdie Glansryke Jesus, sê die Hebreërskrywer nou, is die Redder en Verlosser van gelowiges!

       Christus het egter meer as dit gedoen, Hy het nie alleen aan die kruis gesterf vir ons sonde nie, Hy het ook geregtigheid vir ons voor die Vader bewerkstellig. Om vergewe te wees impliseer dat ek skuldig is, maar dat my oortreding nie meer in ag geneem word nie – ek is dus verskoon. Om geregverdig te wees impliseer egter dat ek verhoor is én onskuldig bevind is – die Regter sê: "Onskuldig." Regverdigmaking maak my dus nie regverdig nie – dit verklaar my regverdig. Anders gestel, regverdigmaking is nie ’n proses nie, dit is ’n verklaring wat een keer en finaal uitgespreek word – dit kan nie hersien word nie.

       In God se "hofsaal" het ons egter nie by die wet gehou nie en daarom kan ons, ons nie beroep op regverdigmaking nie. Tog sê Rom.4:5 ~ Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof. God sê dus dat Hy ons as sondaars regverdig verklaar indien ons as sondaar, ons vertroue in Christus plaas vir regverdigmaking.

       Hoe is dit moontlik dat God skuldiges (ons) regverdig kan verklaar, terwyl hulle skuldig is en derhalwe veroordeel moet word? Dit is presies wat die Hebreërskrywer vir ons hier wil sê. Dit is moontlik omdat Christus in die eerste plek, Sy bloed gestort het ten einde ons skuld te kanselleer ~ Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word (Rom.5:9). Dit het egter net te doen met die verwydering van ons skuld. Dit verklaar ons nog nie regverdig voor God nie. Byvoorbeeld: Indien ’n Bank my oortrokke rekening sou afskryf, impliseer dit nog nie dat ek nou skielik ryk is nie. Dieselfde geld my sonde – om my sonde te kanselleer, verklaar my nog nie regverdig nie. Daar moet ’n volkome kansellering plaasvind.

       Regverdigmaking vind plaas wanneer Christus se geregtigheid aan ons toegereken word. Ons beskik nie oor enige geregtigheid wat ons kan aanbeveel by God nie. Ons kan maar net voor God staan en Paulus se woorde in Fil.3:9 uiter ~ ... nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo.

       Christus het egter aan alle eise voldoen om regverdig verklaar te wees en daardie geregtigheid is ons toegereken en daarom as God nou as Regter na ons kyk, sal Hy ons onskuldig verklaar, omdat ons nie meer skuldig is nie, want op grond van Christus se dood en Sy geregtigheid wat ons toegereken is, is ons self volkome geregtigheid.

       Wat gebeur in hierdie proses? In kort: Met Christus se kruisdood, is al ons skuld aan Christus toegereken en daarom het Hy wat volmaak sondeloos was, die skuld vir ons gedra wat deur God vergewe is, maar terselfdertyd is Christus se geregtigheid ook aan ons toegereken en is ons onskuldig verklaar deur God! Christus is voorwaar die Verlosser!

9.    CHRISTUS DIE HEERSER:
       In v.3b en v.4 sien ons dat Christus ~ ...aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel (gaan sit het). 4Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. Die werkwoord "aan die regterhand gaan sit" dui op waardigheid en gesag. Hy is voorwaar en ten volle God – Hy is Heerser, daar is niks of niemand soos Hy nie – selfs nie eers die engele nie, want hulle is slegs maar dienende geeste (Hebr.1:14).

       Christus het na Sy gehoorsaamheidspad en na Sy versoeningswerk hier op aarde, weer Sy regmatige plek in die hemel ingeneem en Hy sit – Hy sit omdat Hy Sy opdrag wat die Vader aan Hom gegee het, voltooi het en nou heers Hy verder oor Sy skepping – daardie skepping wat Hy so volmaak in stand hou. Hierdie is ook ’n vervulling van die profesie in Ps.110:1 ~ Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.

       Christus sit nie ook maar net nie – Hy sit aan die regterhand van God – dit is die plek van hoogste eer en dit word bevestig in die woorde van Fil.2:9-10 ~ Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig. Dit is dan ook hier aan die regterhand van God dat Christus voortdurend vir ons volgens die wil van God intree by die Vader (Rom.8:27, 34) – Hy bid voortdurend vir my en jou – Hy, die volmaakte, heilige Christus, bid volmaakte gebede wat volgens die wil van die Vader is – vir my en jou!

10.  AFSLUITING:
       Ons het vanoggend gesien hoe dat God die Almagtige, Sy Seun Jesus Christus sien. Ons het Hom gesien as die Verhewe Christus en wat optree as Profeet, Priester, Koning, Skepper, Heerser, Voorspraak en Regeerder – dit is ons Here Jesus Christus. Enige persoon wat sê dat Jesus Christus minder is as dit is, is ’n dwaas en maak God tot leuenaar.  

       Wat beteken dit alles vir ons? Dit beteken alles! Om Hom te verwerp is om jouself uit te sluit van God se teenwoordigheid en jouself te verdoem tot ’n ewigheid in die hel! Om Christus egter te erken as Verlosser, Koning en Saligmaker, is om die ewigheid in besit te neem en ewig te lewe. Is daar enige ander keuse as om juis dit na te volg?

       As ons elke dag ons Verlosser op hierdie wyse voor oë hou, sal al die hartseer rondom ons skielik hanteerbaar raak, want ons het die Lig ontvang, maar dit laat ons ook met ’n verantwoordelikheid, nl. om daardie Lig met ’n verwarde en verwonde en verlore wêreld te deel.


[1] Boodskap deur Kobus van der Walt te Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Meyerton) - Sondag, 17 Junie 2012