Let asb. daarop dat hierdie 'n ongeredigeerde weergawe van die oorspronklike lering is en die eerste en lateres, sal weldra ook geplaas word - daar word ook nog ernstig gedink aan beter vertalings vir die verskillende karakters se name - voorstelle sal verwelkom word
DIE PELGRIM SE REIS ~ 12
Van
die Drie Slapendes tot by die Uitspanplek op die Heuwel
(p.40-41 of
p.38-41 of 42-45)
|
1. INLEIDING:
Groep 1
|
Groep 2
|
Dwaas - (Simple)
Luiaard - (Sloth)
Vermetel - (Presumption)
|
Formalis - (Formality)
Huigelaar - (Hypocrisy)
|
Lees
p.40-40 of 38-39 of 42-43:
Kom
ons kyk vlugtig na ‘n paar feite t.o.v. die eerste groep manne – ons kan hulle
ook “Die Drie Slapendes” noem. “Pelgrim” ontmoet hulle aan die voet van ‘n
heuwel waar hulle vas aan die slaap gelê het, met hulle voete wat vas was in
boeie. “Pelgrim” waarsku hierdie manne
dat die satan soos ‘n brullende leeu rondloop en dat hulle pad moet gee. Hierdie drie manne het egter elkeen sy eie
standpunt t.o.v. “Pelgrim” se oproep om pad te gee, wat dus dui op verskillende
geloofsoortuigings:
o “Dwaas” se oortuigings:
“Dwaas”
is lui en sy reaksie is dat hy geen gevaar kan sien nie. Dit is baie duidelik dat hy geestelik
onkundig, dom en naïef is. Hiermee saam
kan ons 1Tes.5:2-3 lees ~ Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here
onverwags kom soos ’n dief in die nag. 3 Wanneer die mense sê:
“Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos
geboortepyne ’n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.
“Dwaas”
steur hom dus aan geen raad en die Woord nie, want hy wil net verder slaap – hy
is soos sovele mense rondom ons wat die Woord hoor, maar verkies om maar net
die lewe te geniet en hom nie te steur aan die Woord van die Here nie. In Spr.1: 22 lees ons die volgende t.o.v. sulke
dwase ~ “Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan
julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ’n
afkeer hê van kennis? Vers
25 ~ Julle het my raad alles in die wind geslaan, julle wou
julle nie laat teregwys nie. Vers 29-32
~ Julle het ’n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te
dien, 30 julle het my raad verontagsaam en elke teregwysing van my
geminag. 31 Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal
van julle eie planne walg. 32 “Die onkundiges se dwaling kos hulle
die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid.
Spr.14:15-18 is net so treffend in hierdie
opsig ~ Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word; ’n verstandige mens
oorweeg elke tree wat hy gee. 16 Wie
wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad; wie wysheid kortkom, is roekeloos
en selfversekerd. 17 Wie
kort van draad is, begaan dwaashede; ’n agterbakse mens maak hom gehaat. 18 Mense wat ervaring kortkom,
sit met hulle eie dwaasheid; verstandige mense word met kennis bekroon.
(sien ook Spr. 1:25, 29, 32; 7:6,7; 8:5-11; 9:1-6; 9:13 - 18; 22:3; 27:12).
o “Luiaard” se oortuigings:
“Luiaard”
se reaksie op “Pelgrim se oproep om te vlug, is dat hy nie ‘n saak het met
“Pelgrim” se bekommernis nie en dat “Pelgrim” hom moet uitlos, want hy wil net
verder slaap. Hy is geestelik lui,
lusteloos, onverantwoordelik en ongeërg.
Dit
herinner ‘n mens sterk aan die woorde in Openb.3:1-6 ~ Skrywe aan die leraar van
die gemeente in Sardis: So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre
het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle
lewe, en tog is julle dood. 2 Word wakker en versterk wat nog by
julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind
Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie. 3 Dink daaraan hoe
julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer
julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ’n dief, en
julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. 4 Maar julle
het darem ’n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en
hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is. 5 Elkeen
wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit
die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele
verklaar dat hy aan My behoort. 6 Elkeen wat kan hoor, moet
luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.
Spr.19:24 ~ ’n Luiaard steek sy hand in
die skottel, maar bring dit nie terug na sy mond toe nie (sien ook: Spr.6:6-11; 10:26; 12:27; 15:19 en 22:13).
o “Vermetel” se oortuigings:
“Vermetel”
wil ook niks van “Pelgrim” se raad weet nie en sy reaksie is, dat hy
bereid is om die kans te neem – sy reaksie kan opgesom word met die Engelse spreekwoord,
“Every
barrel must stand on it’s own bottom”. Hy is verder ook hoogmoedig, arrogant,
onbeskaamd, trots en selfversekerd. Hy
is dus uiters verwaand wat opsig self sonde is.
Ons lees in Openb.3:14-20 die volgende ~ Skrywe aan die leraar van
die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy
deur wie God alles geskep het: 15 Ek weet alles wat julle doen. Ek
weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm
was! 16 Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud
nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. 17 Julle sê: “Ons is ryk,
skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig
en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. 18 Daarom raai Ek
julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan
word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle
naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat
julle kan sien. 19 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat
dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. 20 Kyk, Ek staan by
die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom
ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. 21 Elkeen
wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek
ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
Die feit dat hul voete in boeie geslaan is,
dui dus daarop dat hulle verkleef is aan hierdie wêreld.
Lees p.40-41 of 39-41 of 43-45:
Hier ontmoet “Pelgrim” die ander twee manne
langs die pad, nl. ”Formalis” en “Huigelaar”.
Daar is ook ‘n paar dinge wat ons moet weet t.o.v. hierdie twee knape:
o Hulle het al vallende oor die muur gekom – Nie deur die
Hek of te wel die Nou Poort nie ~ Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na
die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan,
is baie. 14 Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad
daarheen smal, en dié wat dit kry, is min (Matt.7:13-14) en Joh.10:9 ~ Ek is die ingang; as iemand
deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry.
o Hulle kom van die land genaamd “Ydelheid”, daar waar roem
en heerlikheid gesoek word in ydele dinge wat geen waarde voor God het nie ~ Om te veel heuning te eet,
is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie (Spr.25:27), asook Fil.3:19 ~ Die verderf is hulle einde;
die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.
o Hulle gaan nie na die Berg Sion om lof en eer te gee nie,
maar om lof en eer te ontvang ~ Of julle eet en of julle drink of wat julle
ook al doen, doen alles tot eer van God (1Kor.10:31); Nie aan ons nie,
Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat
liefde en trou bewys (Ps.115:1) en Openb.4:9-11 ~ Elke keer wanneer die
lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit,
wat tot in alle ewigheid lewe, 10 kniel die vier en twintig
ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid
lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê: 11 “Here,
ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat
U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep” (sien ook: Ps.107:2,8,15; 1Tim.1:7; Ef.3:21 en
Openb.5:9-13).
o Hierdie twee is onwillig om ‘n paar dinge te doen:
- Om inspraak in hulle lewens te aanvaar en ook nie
teregwysing of goeie raad nie ~ Maar solank daar nog ’n “vandag” is, moet
julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van
die sonde verhard word nie
(Hebr.3:13); en Spr.1:29-30 is so waar van hulle lewens ~ Julle het ’n afkeer van
kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien, 30 julle het
my raad verontagsaam en elke teregwysing van my geminag (sien ook Ps.141:5; Spr.5:12).
- Hulle is onwillig om te erken dat hulle nood het en
daarom is Gal.6:3 waar van hulle ~ As iemand hom verbeel hy is iets en hy is
niks, bedrieg hy homself .
- Hulle is ook nie bereid om hulself te ondersoek, soos wat
2Kor.13:5 vir ons leer om te doen nie ~ Stel julleself op die proef
en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat
Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.
- A.g.v. van bg. is hulle dus ook nie bereid om enige
verandering te maak, of hulle te bekeer nie.
o Hulle oortuig hulleself dat hulle genoegsame redes het
waarom dit nie nodig vir hulle is om deur die Nou Poort te gaan nie. Waarom nie?
- Dit strook met populêre oortuigings, nl. dat dit te
moeilik is om op die Smal Weg te wandel en dit is beslis nie nodig nie.
- Die meeste kerke preek dit dan nie en dit is ook nie aan
hulle gesê, toe hulle “Christene” geword het nie.
- Van die vroegste tye af (vir 1000de jare al), het mense “Christene”
geword, sonder om hulleself te verneder, of om oënskynlik berou oor hul sonde
te hê, hulle te bekeer en hulle het hul enigste hoop geplaas in die soendood
van Jesus Christus.
- Hoe jy dus ‘n Christen word, is nie belangrik nie, maar
dat jy ‘n Christen word – hoe jy lewe is wat tel – Christene is mos ook maar
net mense.
Al wat vir “Formalis” en “Huigelaar” saak
maak, is hul eie denke en self-geskepte teologie – solank dit net vir hulle sin
maak, is dit alles in die haak en nie wat die Woord leer nie – dit laat ‘n mens
nogal dink aan die woorde in Spr.14:12 ~ Daar is ’n lewenswyse wat
vir ’n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.
Hulle kan selfs ander mense se getuienis
inroep om te motiveer waarom hulle dan kwansuis reg is. Vir hulle sal God ook sê ~ Mense sê julle moet mediums
en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet ’n volk nie sy God
raadpleeg nie? Waarom sou ’n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg? 20
Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie
woord praat nie, is sonder toekoms! (Jes.8:19-20).
Hoeveel beter sou dit nie gewees het, as hulle vasgeklou het aan die
woorde van Ps.119:128 nie ~ Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele
en haat ek elke verkeerde pad, of Joh.17:17 ~ Laat hulle aan U toegewy
wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.
Kom ons kyk ‘n bietjie na “Formalis” se
godsdienstige oriëntasie:
·
Hy is ‘n godsdienstige presteerder. En sy probleem word mooi beskryf in 2Tim.3:5
~ Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê,
maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense
af.
·
Sy godsdiens laat dink ‘n mens aan Paulus,
voor sy bekering ~ ...ek is op die agste dag besny, van geboorte ’n
Israeliet, uit die stam Benjamin, ’n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ’n
Fariseër, 6 in my ywer ’n vervolger van die kerk, in onderhouding
van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik (Fil.3:5-6), asook Gal.1:13-14 ~ Julle het immers gehoor van
my optrede toe ek destyds nog ’n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die
kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei. 14 En
in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg,
want ek was ’n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders.
“Ydelheid”
se godsdienstige oriëntasie en oortuigings is een van voorgee en valsheid:
·
As jy byvoorbeeld
armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die
sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker
Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou
linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad
verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”
“Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou
daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die
mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg
(Matt.6:2-5).
Let op na die vier vrae wat “Pelgrim” vir
“Formalis” en “Ydelheid” vra:
·
Waar
kom julle vandaan en waar gaan julle heen?
·
Waarom
het julle nie deur die Nou Poort?
·
Aangesien
God gesê het dat julle deur die Nou Poort moet kom en julle, julle nie daaraan
gesteur het nie – Is dit nie ‘n oortreding teen God nie?
·
Sal
julle staande bly wanneer julle voor God se regterstoel verskyn?
“Formalis” en “Ydelheid” het gedink dat hulle
dieselfde is as “Pelgrim”, maar dit was natuurlik nie waar nie. Hoe was hulle anders?
·
Hulle
het hulle nie onderwerp aan God se wil nie.
·
Hulle
is nie beklee met God se geregtigheid nie.
·
Hulle
was anders wat betref hul hartsgesindhede en begeertes.
·
Hulle
is gerig deur hul rede (verstand) en wat andere dink en sê.
·
Hulle
was trots op hul eie “geregtigheid”.
·
Hulle
was gemotiveer en beheer deur ‘n begeerte na selfgenot wat vir hulle plesier
kan verskaf.
·
Hulle
was afgodedienaars en hulle het hulself i.p.v. God aanbid.
Lees p.42-43 of 41-42 of 45-46:
Hier aan die voet van “Moeilikheidsheuwel”,
is twee dinge baie opmerklik:
·
Daar is drie paaie om te volg – Twee wat
uitloop op gevaar en vernietiging en een wat reguit teen die heuwel uitloop. “Formalis” en "Ydelheid” kies om op die
twee paaie te loop wat nie teen die heuwel uitgaan nie – ons sal hulle dan ook aanstons
nie weer sien nie, want die een he heeltemal verdwaal en die ander een het
homself te pletter geval oor ‘n afgrond.
“Pelgrim” daarteenoor, het gekies om die pad teen die heuwel uit te
loop.
·
Ons
sien ook ‘n fontein met vars water en dit laat dink ons aan Jes.43:1-3 ~ Luister, so sê die Here wat
jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek
verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. 2 As jy
deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel
nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou
nie brand nie, 3 want Ek is die Here jou God, die Heilige van
Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek (sien ook Hebr.4:16 en
2Kor.12:4-11; 9-8).
Wat se lesse kan ons leer uit hierdie verhaal
van “Moeilikheidsheuwel”?
·
Sulke
“heuwel-ervarings” is wonderlike “ontbloters” en onthul presies wie en wat jy
is en Wie God werklik in jou lewe is.
·
God
berei ons dikwels vooraf voor vir sulke ervarings, deur ons te “verfris met
vars water”, want Hy weet vooraf wat ons nodig gaan hê.
·
God
gebruik sulke “heuwel-ervarings” om ons terug te bring na die werklikheid toe.
·
God
laat toe dat jong gelowiges gekonfronteer word met uitdagings.
·
Nie
almal wat beweer dat hulle Christene is, is waarlik gelowiges nie.
·
God
weet wanneer ons genoeg gehad het en dan bring Hy so ’n “rusplek” in ons lewens
Lees p.43-43 of 42-42 of
46-46:
“Pelgrim” het nou teen die heuwel opgesukkel
en was baie moeg, toe hy halfpad op, by ‘n uitspanplek gekom het. God weet wanneer ons genoeg gehad het en dan
bring Hy ons by so ‘n rusplek in ons lewens.
“Pelgrim” het drie dinge gedoen toe hy by die
rusplek uitgekom het:
·
Hy het
gerus – soms is dit nodig dat ons ook “geestelik asem sal skep” en dalk selfs
vakansie gaan hou. Matt.11:28 ~ “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek
sal julle rus gee.
(sien ook: Ps.23:3; 37:7; Mark.6:31)
·
Hy
lees weer uit die Boek wat hy by hom gehad het.
Hierdie is natuurlik ‘n teken van sy redding – hy dink na oor hoe hy dit
ontvang het ~ Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van
God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle
verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees
wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14 Die
Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het,
wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy
grootheid prys
(Ef.1:13-14), asook Rom.8:16 ~ Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van
God is (sien
ook 2Pet.1:4)
·
Hy
dink ook na oor hoe sy vodde klere uitgetrek is en hoe hy geklee is in ’n nuwe
uitrusting van die geregtigheid van Christus.
Wat beteken dit as ons praat van “’n nuwe kleed van geregtigheid”? Ef.1:6-7 ~ Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike
genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7 Deur
die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die
ryke genade van God. Hiermee saam, Rom.3:24 ~ ...maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade
vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Nog ’n belangrike teksvers in hierdie verband
is Kol.1:13-14 ~ Hy het ons uit die mag van die duisternis
weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14
Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. Die ou kleed van sondeskuld is dus uitgetrek
en deur Christus se soendood het ons wat in Hom glo, ’n nuwe kleed gekry, nl.
’n kleed van geregtigheid en diegene wat hierdie kleed aan het, sal gered word
wanneer hulle voor God se Regterstoel verskyn.
Daar het egter nog ’n paar ander dinge met
“Pelgrim gebeur, terwyl hy op “Moeilikheidsheuwel” gerus het:
·
Hy het
verskillende soorte versoekings beleef
·
Hy het
vaak geraak en aan die slaap geraak – hy het aanvanklik Bybel gelees en nagedink
oor sy redding, maar mettertyd het hy opgehou om “stiltetyd” te hou – hy (om
dit deur te trek na ons toe) lees dus nie meer geestelik boeke nie, hy luister
nie na geestelike musiek nie en hy het nie meer gemeenskap met medegelowiges
ens. nie. Ons moet mekaar help en wakker
maak – dit is die grootste guns wat ons mekaar kan bewys.
·
Hy word wakker gemaak deur ’n boodskapper en
word sterk aangespreek
Watter ervarings in ons eie lewe, word
verteenwoordig deur hierdie gebeure in “Pelgrim” se lewe?
·
Tye wanneer
ons self lui en agterlosig raak in ons geestelike lewe.
·
Tye wanneer
ek roem op my verhouding met God maar ‘n mens kan dit nie regtig in my lewe
sien nie.
·
Tye wanneer
ons selftevrede raak.
·
Tye
wanneer ons stil gaan staan en ophou veg teen die sonde en aanvalle van die bose
– ons bied dus nie weerstand nie.
·
Tye wanneer
ons selfversekerd raak en ons sekuriteit in onsself gesetel is.
Daar is talle waarskuwings in die Skrif oor
die gevaar vir gelowiges wat verslap en selfs aan die slaap raak:
·
Openb.3:1-3
~ Skrywe
aan die leraar van die gemeente in Sardis: So sê Hy wat die sewe Geeste van God
en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die
naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. 2 Word wakker en
versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop.
Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie. 3Dink
daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee
vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ’n
dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.
·
1Pet.5:8
~ Wees
nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu,
op soek na iemand om te verslind. Hierdie is so ironies nie waar – net ‘n klein
tydjie terug het “Pelgrim” juis vir “Dwaas”, “Luiaard” en “Vermetel” hierteen
gewaarsku en nou val hy amper in dieselfde slaggat!
·
Rom.13:11
~ En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al
is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die
tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het (sien ook: Ef.5:14;
1Tes.5:6-8; Spr.24:3-34; Spr.6:9-11).
Ons moet dus daarop let,
dat “Uitspanplekke” vir ons as gelowiges, gevaar kan inhou, maar as ons “wakker
bly” wag daar wonderlike beloftes op ons ~ Deut.8:7-9 ~ ...want Hy sal jou in ’n
goeie land bring: ’n land met waterstrome, met fonteine en riviere wat in
valleie en berge ontspring, 8 ’n land met koring en gars,
wingerde, vyebome en granate, ’n land met volop olyfolie en heuning, 9 ’n
land sonder armoede, waarin jy genoeg sal eet en niks sal kortkom nie, ’n land
waarin daar volop yster in die klippe is en waar jy kan koper delf in die berge (sien ook: Deut.8:10-19;
Ps.107:4-27).
Wanneer ons as gelowiges, soos “Pelgrim”,
geestelik aan die slaap raak en dan uiteindelik wakker word, verloor ons
bepaalde dinge – Wat het hy agter gelaat?
Die Woord! Wat verteenwoordig dit
in die gelowige se lewe? Hy verloor sy
geloofsekerheid! Rig.16:18-21 ~ Delila het besef dat hy
haar hierdie keer sy lewensgeheim vertel het. Sy het toe die leiers van die
Filistyne laat roep: “Kom hierdie keer! Hy het my sy lewensgeheim vertel.”
Hulle het toe na haar toe gekom en die geld saamgebring. 19 Sy het
vir Simson op haar skoot aan die slaap gemaak en ’n man geroep, en hy het
Simson se sewe haarlokke afgeskeer. So het sy hom laat swak word, sy krag het verdwyn.
20 Toe sy sê: “Die Filistyne is hier, Simson!” het hy wakker
geskrik en gedink: ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk. Maar
hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie. 21 Die
Filistyne het hom gegryp en sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat
en hom met ’n dubbele bronsketting geboei. In die tronk moes hy die meul draai. Asook Hos.7:8-9 ~ Efraim is tussen die
nasies, maar hy word self geknie. Efraim het soos ’n askoek geword wat verbrand
het. 9 Vreemdes het sy krag verteer, maar hy besef dit nie! Hy het
muf geraak soos ou brood, maar hy besef dit nie.
4. VOLGENDE KEER:
DIE PELGRIM SE REIS ~ 13
Die Pragtige Paleis