Let
asb. daarop dat hierdie 'n ongeredigeerde weergawe van die oorspronklike lering
is en die eerste en lateres, sal weldra ook geplaas word - daar word ook nog
ernstig gedink aan beter vertalings vir die verskillende karakters se name -
voorstelle sal verwelkom word
DIE PELGRIM SE REIS ~ 14
Nog steeds in die Pragtge Paleis
p.43-46 of p.48-4 of 56-5
|
1. INLEIDING:
Ons het ook vir mekaar gesê dat Bunyan baie
sterk oor Kerklidmaatskap gevoel het n ons ter ondersteuning van Bunyan se
standpunt na enkele tekste begin kyk.
Waarom is dit belangrik dat elke gelowige
lidmaat van ‘n gemeente met wees? Dit is
die vraag waarna ons nou eers moet kyk.
·
Eerstens
het ons gesien dat die Woord van die Here dit as opdrag vir ons gee – dit is
dus nie opsioneel nie – dit is ‘n vereiste!
Hiervoor alleen kan ons maar net gaan kyk na die 58 “Mekaartekste” wat
ons in die Woord aantref en dan sien ons die noodsaak daarvan om deel van die
kerk te wees. Hoe kan ek bemoedig as ek
die wat bemoedig moet word, nie ken nie.
Hoe kan ek bemoedig word, indien ek nie deel uitmaak van hulle wat my
kan bemoedig nie. Waar kan ek
medegelowiges wat saamgevoeg is in ’n gemeente leer ken en tyd saam met hulle spandeer,
as ek nie deel is van die kerk nie?
·
Die
wyse waarop die woord, die verhouding beskryf tussen gelowiges en hul
ouderlinge, vereis tog immers lidmaatskap van ’n gemeente.
·
Kerklidmaatskap
is ‘n wyse waarop die verskil tussen gelowiges en ongelowiges duidelik gemaak
kan word. Hoe kan jy onderskei tussen
gelowig en ongelowig as dit nie binne die kerk geskied nie?
·
Kerklidmaatskap
is noodsaaklik vir die ordelike administrasie van die kerk. Hoe kan ouderlinge regeer as daar nie lidmate
is nie?
·
Kerklidmaatskap
bevorder en betrokkenheid en ‘n besef van verantwoordelikheid teenoor mense wat
ook lidmate is. Ek is verantwoordelik
vir andere – hoe kan ek wees as ek, of hulle, nie deel is van die kerk nie – Gal.6:10
~ Solank
ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons
medegelowiges.
·
Ons lees in Ef.4:12 ~ Sy doel daarmee was om die
gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van
Christus. Daarom is dit so noodsaaklik om elke
moontlike geleentheid aan te gryp om opgebou te word in die allerheiligste
geloof en daarom behoort ons ook Sondagaande, die byeenkomste by te woon.
·
Die
gelowige maak deur se kerklidmaatskap, soos met die Belydenisdoop of ‘n
huwelikseremonie, ‘n openbare verklaring van sy toewyding aan Christus.
·
Kerklidmaatskap
roep die kerk op en daag die kerk uit, om haar Bybelse verantwoordelikhede
t.o.v. die lidmate, uit te leef. Dit
sluit beide materiële- en geestelike versorging ens. in. Ek is daarom betrokke by my gemeente en die
ouderlinge versorg waar nodig en op daardie wyse is ek deel daarvan omdat ek
hulle vertrou en ook weet wat hulle doen.
·
Kerklidmaatskap
help ook die kerk om te onderskei, wie bepaalde bedieningsgawes ontvang het en
moedig diesulkes aan om dit uit te leef tot eer van die Here.
·
Kerklidmaatskap
plaas ons in ‘n posisie waar ons verantwoordelikheid vir mekaar met neem en
waar ons verantwoording oor ons sieleheil teenoor mekaar doen. Dit impliseer dus dat ek as lidmaat myself
volgens Bybelse riglyne, aan my broers en susters in die gemeente sal
toewy. Dit hou o.a. die volgende in:
* dat ‘n ek saam met die ander broers en
susters, die Here in gees en waarheid sal wil dien;
* dat ek
in biddende afhanklikheid hulle na die beste van my vermoë wil liefhê en dien;
* dat ek
in opregtheid, openheid, betroubaarheid, lojaliteit en harteenheid met hulle wil
saamleef en die Here vertrou om my steeds daartoe in staat te stel;
* dat ek
hulle versoek om my volgens Bybelse riglyne te vermaan en selfs onder die tug
te plaas wanneer nodig (wat afsnyding van
die gemeente as finale stap sou kon insluit), indien ek volgens die Skrif
sou sondig;
* dat ek
saam met hulle medeverantwoordelikheid vir die finansiële behoeftes van die
gemeente aanvaar - soos
die Here my in staat stel en ek persoonlik in verantwoordelikheid aan Hom sal
besluit;
* dat ek
die basiese byeenkomste van die gemeente,
gedissiplineerd en na die beste van my vermoë sal bywoon en my broers en
susters op hoogte sal hou wanneer dit per geleentheid of oor ‘n langer tydperk
vir my onmoontlik is.
·
Kerklidmaatskap
help die kerk en sy lede, om moeilike besluite, saam te neem oor die gebruik,
aanwending, besteding ens. van finansies, tyd, hulpmiddels ens.
Soos reeds gesê, vervul kerklidmaatskap, die
aanwysings en eise van die Skrif t.o.v. lidmaatskap. Hoe kan iemand bv. onder die tug geplaas word
as hy nie lidmaat is nie en hoe kan die tug toegepas word deur gelowiges, as hulle nie lidmaat is nie
(1Kor.5:1-13; Matt.18:15-22; 1Tim.1:18-20)?
Kom ons kyk na hoe Bunyan vir “Pelgrim” leer
t.o.v. Kerklidmaatskap.
Lees p.45-46 of 47-48 (1) of 55-56
Ons het verlede week gesien (en ons gaan dit
weer in hoofstuk 12 sien), dat “Deurwagter” een van die ouderlinge van die
“Pragtige Paleis” is. Ons het ook gesien
dat hierdie “Pragtige Paleis” ‘n voorstelling is van die kerk van die Here
Jesus Christus. “Deurwagter” kom dan nou
en verduidelik aan “Pelgrim”, wat die doel en funksie van die kerk en daarom
ook van lidmaatskap van die kerk, behels.
“Deurwagter” vra ook bepaalde vrae aan
“Pelgrim”, ten einde vas te stel wat sy getuienis behels en of hy enigsins
beskik oor ‘n getuienis. Hierdie is dan
ook goeie vrae wat ons vir potensieel nuwe lidmate behoort te vra:
§ Waar kom jy vandaan? “Pelgrim sê dat hy van die “Stad van
Verwoesting” kom en dit dui natuurlik daarop dat hy eens verlore was.
§ Waarheen is jy op pad? “Die Berg Sion” – Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die
stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele,
by die feestelike samekoms, 23 die vergadering van die
eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by God wat
Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou
volmaak is
(Hebr.12:22-23).
§ Wat is jou naam? “Pelgrim” reageer deur drie antwoorde aan hom
te verskaf:
- “My naam is Christen, maar
voorheen was dit “Sonder Genade”, bedoelende dat hy toe nog nie gered was nie
en daarom sonder God se genade was.
- Hy sê voorts dat hy van die
stam van Jafet is en dit dui dus vir ons daarop dat hy níé ‘n Jood was nie,
maar wel ‘n heiden (soos ons!)
- En hy sê dat hy in die
“Tente van Jafet” gebly het en hier het hy natuurlik, Gen.9:27 in gedagte gehad
~ Mag God aan Jafet ’n ruim woonplek gee, mag hy welkom
wees in die tente van Sem. Kanaän moet Jafet se slaaf wees. En dan natuurlik verwys
hy ook na Rom.11:11-32, waar Paulus met die heidene wat tot geloof in Jesus
Christus gekom het, praat en dan spesifiek vers 17, waar “Pelgrim homself sien
as ‘n ingeënte tak ~ Party van die takke is uitgekap en jy, ’n
wilde olyf, is tussen die ander takke op die mak olyf geënt. So het jy deel
gekry aan die lewensap van die mak olyf se wortel.
§ Waarom het jy so laat hier
aangekom? Hy vertel aan “Deurwagter” hoe
dat hy aan die slaap geraak het by die “Uitspanplek” en dat hy sy Boekrol
verloor het. Hierdeur wil hy vir
“Deurwagter” sê dat hy nie seker was van sy redding nie en daarom het dit so
lank vir hom geneem om by die “Pragtige Paleis” uit te kom. Hierdie is maar eenkeer dat Bunyan vir ons
wil sê dat hyself getwyfel het aan sy redding – tewens dit het meer male gebeur
en dit moet vir ons ‘n les wees, want daar word soveel kosbare tyd
verloor. Genadiglik het “Pelgrim” nou
besef dat hy verseker gered is en is hy daarom ook gereed om deel te word van
die gemeente.
Ons moet besef dat hierdie
vrae wat “Deurwagter” aan “Pelgrim” gevra het, van die uiterste belang is, want
ons en dan spesifiek die ouderlinge, moet baie seker maak van elke individu se
geestelike toestand, júís
omdat die suiwerheid van
Christus se Bruid vir Hom ononderhandelbaar is – ons het te doen met ‘n heilige
God en daarom moet daar gewaak word daaroor dat enige “Pelgrim” wat by ons
“Pragtige Paleis” aankom en versoek om “oor te bly”, nie die suiwerheid van
Christus se Bruid sal aantas nie.
Hierna stel “Deurwagter”
vir “Pelgrim” voor aan “Versigtig” (“Discretion”)
Lees p.46-46 (2) of 48-48 of 56-56
Ons moet onthou dat ons hier met die Kerk te
doen het en dat die Leierskap (ouderlinge) vir “Pelgrim” onderwerp aan vrae,
ten einde te sien of hy waarlik die Here dien, alvorens hy toegelaat word as
nuwe lidmaat, maar onmiddellik ontstaan daar ‘n vraag: Waarom is “Versigtig” ‘n vrou? Wil Bunyan sê dat vroue ook ouderlinge kan
word? Die antwooord is baie eenvoudig, nl.: Nee! Hy doen dit omdat die Kerk die BRUID
(vroulik) van Christus is en mans én vroue, dus deel van die kerk is. Dit gaan dus nie oor die geslag nie, maar oor
die opregtheid, die onderskeiding ens. van die “ondervraer”.
Kan u dus sien hoe uiters belangrik dut is
dat potensiële nuwe lidmate maar eers ’n paadjie in die gemeente sal loop, ten
einde organies deel te word van die gemeente – enersyds, dat hulle die gemeente
en die gemeente se leer kan leer ken, maar andersyds ook, sodat die
gemeentelede hierdie nuwe potensiële lidmaat kan leer ken en kan onderwerp aan
al hierdie vrae en nog meer waaraan “Pelgrim” onderwerp was. Dit beklemtoon nog ’n verdere saak en dit is
dat wanneer nuwe lidmate se name aan die gemeente voorgehou word, daar nie maar
net die houding ingeneem word, van dat dit die ouderlinge se
verantwoordelikheid is nie, maar dat dit ook die gemeente se verantwoordelikheid
is en dat die gemeente werklik betrokke sal wees by die hele proses (bv. Indien jy weet van bepaalde sonde, is dit jou
verantwoordelikheid om dit onder die leierskap se aandag te bring; of, nooi so
’n potensiële nuwe lidmaat uit vir ete – nog lank voor hy aansoek doen om
lidmaatskap, sodat jy hom kan leer ken).
Die kort onderhoud wat “Waaksaam” met
“Pelgrim” voer, berus op die beginsel wat ons aantref in Spr.15:22 ~ Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit
slaag wanneer daar baie raadgewers is (sien
ook Spr.11:14). Ek sou die naam van
“Waaksaam” (of in Engels “Discretion”), eerder vertaal het met “Goeie Oordeel”
of self dalk “Onderskeier”, want dit is wat sy doen, sy onderskei tussen
waarheid en leuen. Maar goed, “Waaksaam”
kan sekerlik ook werk, omdat sy waak oor die suiwerheid van die kerk.
Sy beskik dus oor die vermoë om
verantwoordelike besluite te neem wat gebaseer is op feite en bewyse.
Sy toets hierdie nuweling aan die Woord van
God, asook bv. die gemeente se belydenis en grondwet.
Sy ondersoek “Pelgrim”: se motiewe in nog
groter detail as wat selfs “Deurwagter” dit gedoen het en daarom herhaal se
selfs van die vrae en sy vrae hom ook uit oor sy lewenspad en daarom ook hoe en
waar en wanneer hy wederbaar is ens.,
m.a.w. hoe het sy pad tot nou verloop? Verstaan hy wie en wat die kerk is? Is
hy bereid om aan die eise van die Woord en dit wat die kerk vereis, te
onderwerp? Sy vra hom ook waarom hy deel
van die kerk wil word?
Na al hierdie vrae, begin sy huil, want sy is
so opgewonde en dankbaar oor hierdie mens wat wederbaar is en deel geword het van
die familie van Christus. Sy is geseënd
en aangeraak deur sy getuienis en sy opregtheid.
“Pelgrim” se reaksie op hierdie onderhoud,
was dat hy die funksie en doel van die kerk verstaan, asook dat hy die noodsaak
daarvan om deel van ’n lewende gemeente te wees, insien en dat hy graag deel
wil word van die kerk.
Hierop stel “Waaksaam” hom aan sommige van
die ander inwoners van die “Pragtige Paleis” voor, wat dan ook kortliks met hom
praat.
Dit gaan baie duidelik raak uit ons volgende gedeelte,
dat die Kerk gebou word deur suiwer en toepaslike en praktiese prediking, maar
ook deur verhoudinge. Die gemeente se onderlinge byeenkomste is uiters
belangrik – waarom? Dit is ‘n huisgesin
wat saam aansit om te eet en jy sê nie vir jou “Pa” nee, jy kom nie na die
familiefees nie, want jy gaan speel gholf nie, ens.
Maar nou ja, “Pelgrim” is nou amptelik deel
van die kerk en dan spesifiek van ’n bepaalde gemeente.
Daar is egter een swakheid in Bunyan se
beskrywing van die proses om deel te word van die kerk. Hand.2:38-47 ~ Toe antwoord Petrus hulle:
“Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus
Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe
ontvang. 39 Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders
en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal
roep.” 40 Met nog baie ander woorde het Petrus getuig en hulle
aangespoor: “Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.” 41 Dié
wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op
daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg.42 Hulle het
hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge
verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. 43 Die
apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul.
44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.
45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan
almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal
elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die
gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47
en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke
dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg; Hand.8:35-38 ~ Filippus het by hierdie
Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom verkondig. 36 Onderweg
kom hulle toe by water aan, en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat verhinder
dat ek gedoop word?” 37 38 Toe het hy die wa laat stilhou.
Filippus en die hofdienaar het albei in die water in gegaan, en Filippus het
hom gedoop;
Hand.10:47-48 ~ Hierdie mense het net soos
ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water
gedoop word?” 48 Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus
Christus gedoop moet word. Daarna het hulle hom gevra om ’n paar dae by hulle
te bly;
Hand.22:14-16 ~ Toe sê hy: ‘Die God van ons
voorvaders het jou uitgekies om sy wil te ken, die Regverdige te sien en sy
stem te hoor, 15 want jy sal vir alle mense sy getuie wees van wat
jy gesien en gehoor het. 16 En nou, waarom nog wag? Kom, laat jou
doop en jou sondes afwas nadat jy sy Naam aangeroep het.’
Bunyan beskryf ses dinge wat met “Pelgrim”
gebeur toe hy lidmaat van die gemeente word – en ons sal aanstons na hierdie
ses dinge kyk – kom ons noem dit net eers vinnig:
t Hy ondergaan ‘n proses van
dissipelskap wat deur meer volwasse lidmate hanteer word.
t Hy word genooi om by ander familielede aan te
sluit by die maaltyd.
t Word geneem na ‘n kamer met
die naam van “Vrede”
t Hy word ook geneem na die
“Studeerkamer”
t Hy word na die “Wapenopslagplek”
geneem
t Hy word na die “Verruklike
Berge” geneem
Volgende keer gaan ons dan kyk na hierdie ses
“dinge”, beginnende by die pad van dissipelskap.
2. VOLGENDE KEER:
DIE PELGRIM SE REIS ~ 15
Nogsteeds In Die
Pragtige Paleis ~ 03