Let
asb. daarop dat hierdie 'n ongeredigeerde weergawe van die oorspronklike
lering is en die eerste en lateres, sal weldra ook geplaas word - daar word ook
nog ernstig gedink aan beter vertalings vir die verskillende karakters se name
- voorstelle sal verwelkom word
DIE PELGRIM SE REIS ~ 15
(Pelgrim Onderwerp aan Dissipelskap)
p.46-52 of
p.48-53 of p.56-61
1. INLEIDING:
Ons het die vorige keer gesien hoe dat “Waaksaam”
vir “Pelgrim” aan sommige van die ander inwoners van die “Pragtige Paleis”
voorgestel het, waarna “Waaksaam” ‘n onderhoud met hom gevoer het. Ons gaan nou sien hoe dat drie volwasse
gelowiges ‘n, pad van Dissipelskap met “Pelgrim” begin loop. Eerste aan die beurt is “Godsvrug” (“Piety”).
Lees p.46-48 of 48-50 (1) of 56-58
Ons lees in Matt.28:19-20 ~ Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my
dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige
Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel
het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Ons moet dan eerstens vir onsself afvra: “Wat is ‘n Dissipel?”
Ten aanvang moet ons ook net kyk na Luk.6:40
~ ’n
Leerling is nie hoër as sy leermeester nie, maar iemand wat volleerd is, sal
aan sy leermeester gelyk wees.
2.
DISSIPELSKAP – “GODSVRUG”:
Ons moet tweedens vir onsself vra: Hoe word ‘n dissipel gemaak?
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
Paulus is vir ons hier
’n voorbeeld – Hy het bv. nooit alleen gereis nie. Sy dissipels het op informele wyse van hom
geleer, deurdat hulle hom voortdurend gesien het en na hom geluister het – aan
die anderkant kon hulle ook dinge doen wat hy nie kon nie en sodoende hom weer
gehelp. Hy het hulle dus voortdurend
opgelei. Daarom is “fellowship”
(gemeenskap van die gelowiges) so geweldig belangrik - ook t.o.v. nuwe lidmaat aansoeke – ons moet
weet hoe hierdie nuwe aansoeker in sy huis leef; met sy vrou en met andere ens.
Hoe kan jy sien hoe
iemand anders lewe? Net as jy tyd
spandeer met daardie persoon.
Ouers: Kan u nou sien watter geweldige verantwoordelikheid
u teenoor u kinders het en hoe ontsettend belangrik dit is hoe u vóór u kinders
leef.
Kom ons kyk hier na
enkele Skrifgedeeltes ten einde hierdie punt te ondersteun ~ Hy het toe twaalf, wat Hy
apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly... (Mark.3:14a) en hiermee saam, Joh.13:15 ~ Ek het vir julle ’n
voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
Fil.4:6 ~ En wat
julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle
doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees (sien ook Hand.4:13;
1Tes.1:5-6).
Om saam te vat dan – Dissipelskap vind plaas tydens
en met openbare prediking en lering van die Woord (tydens die erediens dus) en tweedens
vind dissipelskap plaas tydens individuele en/of privaat bediening van die
Woord.
Ons het gesien dat “Pelgrim” eerstens”
onderwerp word aan dissipelskap deur “Godsvrug” (“Prudence”). Die Griekse woord vir “Godsvrug”, is “Eusebius”. (Hou in gedagte dat Bunyan name gee aan die
mense wat ’n pad van dissipelskap loop met “Pelgrim” - name wat die drie
belangrikste eienskappe in ’n gelowige se geloofslewe is). Die eerste van hierdie eienskappe is dan Godsvrug.
Wat beteken Eusebius? Eusebius of te wel “Godsvrug” dui op:
Lojaliteit; Toewyding; Respek; Getrouheid; Eerbied en ’n Godvrugtige lewe. Hierdie eienskappe word verskeie kere in die
Nuwe Testament vermeld – bv. Titus
2:11-12 ~
Die genade van God wat verlossing bring,
het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse
en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en
godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe.
Dit
word bv. 15 keer in Paulus se sendbriewe vermeld (sien o.a. 1Tim.2:1-2, 10; 3:16; 4:7-8; 5:4;
6:3-6; 2Tim.3:5,12; Titus 1:1). Dit word
ook verskeie kere in Petrus se tweede Sendbrief vermeld, bv.: 2Pet.1:3-5,7 ~ Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat
ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons
geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die
kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle
die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel
kry aan die Goddelike natuur. En juis om
hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met
deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die
selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met
liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense (sien ook 2Pet.3:11).
“Godsvrug”
loop dan ‘n pad van dissipelskap met “Pelgrim” en sy vra feitelike vrae, maar
terselfdertyd vrae wat maklik beantwoord kan word – dit is dan ook uiteraard
wat ons moet doen wanneer ons ‘n pad van dissipelskap met iemand loop.
Net voor ons verder
gaan: Hoe verklaar ons die feit dat
“Pelgrim” (’n man) hier deur ’n vrou geleer word – dit is tog nie Bybels
nie? Onthou, Bunyan verwys hier na die
kerk (korporatief) en daar word in die Woord na die kerk, as Christus se Bruid
(vroulik) verwys en die dissipelskap word dus deur die Bruid van Christus
hanteer, daarom dat hy vroulike name gebruik – verwysende na die Bruid van
Christus.
Sy maak dus gebruik van die
“Vraag-en-Antwoord- metode”:
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
Ons sien dat “Godsvrug”
verskeie dinge geleer het n.a.v. die vrae wat sy vir “Pelgrim” gevra het:

Waarom het “Godsvrug” hierdie vrae aan Pelgrim gevra en
waarom moet ons dieselfde vrae aan nuwe dissipels vra?
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
3.
DISSIPELSKAP – “WYSHEID”:
Ons volgende lidmaat wat ‘n pad met “Pelgrim”
loop, is “Wysheid” (“Prudence”) en wysheid is dan ook die tweede belangrike
eienskap van ’n gelowige se geloofslewe.
Lees p.48-49 of 50-51 (2) of 58-59
‘n Baie belangrike Bybelse eienskap wat hier
in gedagte gehou moet word, tref ons o.a. aan in Spr.18:15 ~ ’n Mens met insig doen
kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir kennis. Spr.13:16 ~ Alles wat ’n verstandige mens doen, word met
kennis gedoen; wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander. Spr.15:5 ~ ’n Dwaas verag wat sy vader hom leer; wie hom
laat teregwys, is verstandig. Spr.19:14
~ Van
sy ouers kan iemand ’n huis en besittings erf, maar ’n verstandige vrou is ’n
geskenk van die Here. Spr.27:12 ~ ’n Verstandige mens sien onheil kom en sorg
dat dit hom nie tref nie, onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.
’n Baie belangrike Bybelse kwaliteit wat ons ook in
gedagte moet hou, wanneer dit kom by die dissipleskapspad wat “Wysheid” met “Pelgrim”
geloop het, is o.a. díé wat ons aantref in 1Tim.3:2 ~ ’n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter,
verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig.
Ook 1Tim.2:9,15 ~ Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in
hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie
haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, 15 Maar sy
sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en ’n
heilige lewe, en daarby beskeie bly. Titus 2:2,5,6 ~ Sê vir die ouer mans hulle moet nugter wees,
eerbaar, verstandig, gesond en vas in geloof, liefde en volharding. 5 verstandig
en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van
God nie in diskrediet kom nie. 6 Net so moet jy die jonger mans
vermaan om hulle verstandig te gedra. Mark.5:15 ~ Toe hulle by Jesus kom en die besetene in wie die baie bose geeste was,
daar sien sit met sy klere aan en by sy volle verstand, het hulle groot geskrik.
Rom.12:3 ~ Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê
ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink
nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die
maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel
het.
Wat dan beteken “Wysheid” se naam
dan regtig? En wanneer ons daarna kyk,
moet ons die betekenis van haar naam koppel aan dit wat sy in haar dissipelskap
van “Pelgrim”, aan hom geleer het – m.a.w., hierdie is kwaliteite wat ’n
Christen oor behoort te beskik en wat ons vir ’n nuwe dissipel moet leer.
“Wysheid” se naam beteken dan o.a.:
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
Voorbeelde van wysheid:

Waarom is wysheid so ’n belangrike eienskap vir ’n
gelowige?
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
Kom ons kyk ‘n bietjie na die vrae wat “Wysheid”
vir “Pelgrim” gevra het:
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
Ons sien deur hierdie vrae van “Wysheid”, dat
sy baie meer diepgaande en ondersoekende vrae as “Godsvrug” gevra het en sy
weet, dat “dit wat buite is, ook binne is”, m.a.w. dat dit wat innerlik
gedeponeer is, ook uiterlik sal manifesteer.
En deur haar vrae aan “Pelgrim”, is hy ook
weer gemotiveer om diep na te dink oor sy eie geloof en oortuigings en in die
proses word sy oortuigings net nog meer vasgelê.
4.
DISSIPELSKAP – “LIEFDE”:
Laastens word “Pelgrim” deur “Liefde”
(“Charity) gehelp op sy pad van dissipelskap.
Lees p.49-50 of 52-53 (2) of 59-61
‘n Volgende baie belangrik eienskap vir ‘n
gelowige se lewe, is liefde. Dit is
interessant om te sien dat die Hebreeuse woord vir liefde, meer as 500 keer
voorkom in die Ou Testament, bv. Eks.20:6 ~ ...maar Ek betoon my liefde
tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam (bha - aw-hab') – sien ook
Deut.6:4-5; Lev.19:18; Deut.7:9; 10:12; 11:1; 30:6 ens.
En in die Nuwe Testament
kom die woord “liefde”, meer as 370 keer voor, bv. 1Tim.1:5 ~ Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ’n rein hart, ’n
goeie gewete en ’n opregte geloof kom. 1Pet.2:17 ~ Julle moet alle mense
respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser (sien
ook: Rom.8:28; Kol.3:12-14; 1Kor.8:3,13; 1Pet.1:8,22; Jak.1:12; Matt.22:37-40;
Luk.10:25-37 en Joh.13:34-35).
As ons dus sien dat die
begrip “liefde”, meer as 870 keer in die Woord gebruik word, dan kan dit nie anders as om
vir ons te sê hoe ‘n belangrike begrip en eienskap dit in die gelowige se lewe
is nie. Net in 1Joh.3 en 4 alleen, word
die woord “liefde” 35 keer gebruik.
Voorbeelde van Bybelse liefde:
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
![*](file:///C:\Users\Kobus\AppData\Local\Temp\msohtmlclip1\01\clip_image001.gif)
Vrae wat “Liefde” vir “Pelgrim vra, is o.a. die volgende:

Let verder daarop, dat “Liefde” bo en behalwe al die vrae
wat sy vra, nogtans vir “Pelgrim” bemoedig en aanmoedig!
Hoe het die vrae van “Liefde” verskil van díé van
“Godsvrug” en “Wysheid”? Sy het
gekonsentreer op verhoudinge – liefde en sy naaste. “Godsvrug het vrae gevra oor sy verhouding
met Jesus Christus. “Wysheid” het vrae
gevra wat handel oor wysheid, kennis ens.
“Liefde” se dissipelskapsklem val dus op die feit dat
“Pelgrim” en daarom ons ook, se verhouding met Christus, nie net bestaan uit
kennis en wysheid nie, maar ook uit verhoudinge en liefde – ons moet dus ook en
ek wil amper sê, veral ’n praktiese liefdesgemeenskap wees. Sy moedig hom dus aan om nie net te werk aan
sy verhouding met Christus nie, maar o.a. ook aan sy verhouding met sy broers
en susters en sy naaste.
Wat wou “Liefde” verder met haar vrae bereik? Sy daag “Pelgrim” daardeur uit om te dink en
te evalueer en homself te ondersoek.
5. VOLGENDE KEER:
DIE PELGRIM SE REIS ~ 16
Nogsteeds In Die
Pragtige Paleis ~ 03
p.50-52 of p.53-57 of p.61-65