Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente

Saturday, 16 May 2015


Posted by Vaaldriehoek Baptistegemeente at 22:33
Email ThisBlogThis!Share to XShare to FacebookShare to Pinterest
Newer Post Older Post Home

Drie Riviere Baptiste Kerk

Drie Riviere Baptiste Kerk

Kontakbesonderhde

Kontakbesonderhde

Vir Oudio-preke:

Vir 'n meer volledige lys van PREKE - Besoek asb.:

  • "Die Waarheid Maak Vry"

Ons Voltydse Lerende-Ouderling

Ons Voltydse Lerende-Ouderling
Kobus & Jeanne van der Walt (Vir meer inligting oor hulle - Besoek gerus hul persoonlike Blog by karooseun.blogspot.com - of kliek "Karooseun" in die venstertjie net hierna)

Bondige Geskiedenis van Gemeente

Sien heel onder, links

Die "1689 Baptiste Geloofsbelydenis" in Afrikaans

Ek het die "1689 Baptiste Geloofsbelydenis" in Afrikaans beskikbaar. Indien u 'n P.df kopie hiervan wil ontvang, kan u net 'n E-Pos aan my stuur en daarvoor vra. My E-Posadres: kobus.j.a.vanderwalt@gmail.com

Blog Argief

  • ▼  2015 (38)
    • ►  October (2)
    • ►  September (3)
    • ►  August (4)
    • ►  July (3)
    • ►  June (5)
    • ▼  May (4)
      • Die Tweede Brief van Petrus - 08 (“Vlekkeloosheid ...
      • Die Tweede Brief van Petrus - 07 (“Christus kom We...
      • Die Tweede Brief van Petrus - 06 (“Vals Profete en...
    • ►  April (4)
    • ►  March (4)
    • ►  February (4)
    • ►  January (5)
  • ►  2014 (46)
    • ►  December (5)
    • ►  November (5)
    • ►  October (5)
    • ►  September (1)
    • ►  August (5)
    • ►  July (2)
    • ►  June (3)
    • ►  May (3)
    • ►  April (4)
    • ►  March (7)
    • ►  February (3)
    • ►  January (3)
  • ►  2013 (53)
    • ►  December (2)
    • ►  November (5)
    • ►  October (4)
    • ►  September (2)
    • ►  August (5)
    • ►  July (3)
    • ►  June (5)
    • ►  May (3)
    • ►  April (4)
    • ►  March (3)
    • ►  February (6)
    • ►  January (11)
  • ►  2012 (47)
    • ►  December (2)
    • ►  November (1)
    • ►  October (3)
    • ►  September (4)
    • ►  August (4)
    • ►  July (5)
    • ►  June (6)
    • ►  May (7)
    • ►  April (2)
    • ►  March (5)
    • ►  February (4)
    • ►  January (4)
  • ►  2011 (6)
    • ►  December (4)
    • ►  November (2)

Vriende se Blogs

  • Creation Ministries
    2 days ago
  • Reformed Baptist Sermons from Namibia
    Romans 3: 9-20 Total Depravity - THE WHOLE WORLD HELD ACCOUNTABLE TO GOD
    4 days ago
  • The Berean Call
    Mystery, Babylon—Part 1 (Revised)
    2 weeks ago
  • A Reformed Baptist in Namibia
    THREE MONTHS LATER ... NEWS FROM ROBERTSON
    1 month ago
  • hier staan ek
    Does the Bible teach corporate guilt?
    4 years ago
  • A Letter from Kabwata
    Well done Birdwatch Zambia on GBD success!
    5 years ago
  • "Die Waarheid Maak Vry"
    Nuwe Webtuiste
    9 years ago
  • The Gospel Coalition Blog
    How to Share Your Faith at Work
    11 years ago
  • Tuis
    Kalender
    11 years ago
  • E-Preke, Heroute en Knibbels
    ANTIPAS HEROUT No.37 - JH 1:14 - GOD SE HOOGSTE OPENBARING [5 van 5] - Vol genade en waarheid
    12 years ago
  • Truthexposed Forum
    Onheilige Vermenging
    13 years ago
  • Karooseun
    Wie is ons?
    16 years ago
  • steedsHervormers
  • Bybel Waarheid
  • About Sola 5

Wat Glo Ons?

Ons Geloofshoekpenne

1. SOLI DEO GLORIA - DIE EER VAN GOD ALLEEN Alles wat God beplan het en in die geskiedenis uitvoer (niks wat is of gebeur, is uitgeslote nie), het een finale doelwit, nl. om Homself te verheerlik. Die najaging van hierdie doel is dan ook elke mens se hoogste en onontkombare roeping. Om vir jouself te leef, is die wese van sonde

2. SOLUS CHRISTUS - CHRISTUS ALEEN Hierdie genade wat God aan miljoene sondaars deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte middelaarswerk van Sy Seun, Jesus Christus, en daarop alleen.

3. SOLA SCRIPTURA - DIE HELE SKRIF EN NET DIE SKRIF Die hele Bybel, en net die Bybel, is God se besondere en geïnspireerde openbaring aan die mens. Daarom is dit algeheel betroubaar en die universeel gesagvolle norm vir leer en lewe.

4. SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN As 'n sondaar gered word, dan is dit geheel-en-al te danke aan God se vrye genade, en daaraan alleen.

5. SOLA FIDE - GELOOF ALLEEN God verklaar enige en elke sondaar regverdig wanneer die vanuit sy of haar geestelike en morele bankrotskap volledig op die middelaarskap van Jesus Christus staat maak ten einde vir God aanvaarbaar te wees. Daar is geen ander manier om met God versoen te word nie. Geen menslike verdienste, van watter aard ook al, kan Christus se verdienste aanvul nie; trouens, die Woord waarsku uitdruklik dat enige poging daartoe diskwalifiserend is.

OPE BRIEF AAN DIE N.G. KERK

Vir 'n kopie van 'n brief wat ek aan die N.G. Kerk gestuur het - sien heel onder aan hierdie kolom.

Feedjit

ADVERTENSIES

Let asb. daarop dat daar van tyd tot tyd advertensies op hierdie BLOG verskyn wat ek nie geplaas het nie en waaoor ek geen beheer het nie, omdat dit deur BLOGGER.com daar geplaas word ('n Goeie voorbeeld is een wat bv. handel oor 'n prediker wat homself adverteer as 'n "geneser", ens - iets waarmee ek teologies 'n groot probleem het!)

Aantal Besoekers

OPE BRIEF AAN DIE N.G. KERK

(Meer as 3000 kopiee van hierdie brief is uitgestuur na alle beskikbare E-Posadresse in die N.G. Kerk)

2012-05-04

Geagte Broeder

Na baie gebed en besinning rig ek hierdie brief aan u en ’n klompie ander broeders in die N.G. Kerk en vra dat u hierdie brief biddend sal lees en met ’n oop gemoed daarna sal kyk.

Ek is tans ’n predikant in die Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente en het teologie studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. Voor ek voltyds in die bediening betrokke geraak het, was ek baie lank ’n onderwyser waarvan 12 jaar as skoolhoof. Ek en my vrou was ook baie jare lidmaat van die N.G. Kerk, maar is in 1984, toe die N.G. Kerk nog gestaan het op hul belydenisskrifte, onder sensuur geplaas en afgesny van ’n N.G.-gemeente in Ermelo omdat ons, nadat ons waarlik tot wedergeboorte gekom het, oortuig geraak het van die doop van gelowiges (die kredodoop) en ons laat doop het. Ons het deur die jare heen hegte vriendskapsbande met N.G.-lidmate gehad (en het nog steeds) – lidmate wat waarlik die Here Jesus Christus as Saligmaker navolg (beide "kredo- en paedodopers").

Ek glo met 'n gebroke hart dat 'n skokkende groot deel van die institusionele kerk van ons dag grootliks koers verloor het, in sekere gevalle selfs reddende geloof versaak het, en dringend nodig het om onverwyld en met hartstog terug te keer na die fundamentele geloofsvertrekpunte van die Reformasie: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen. Ek onderskryf die histories-gerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis - soos meeste reformatoriese (gereformeerde) Baptiste oor die wêreld heen, asook die Belydenisskrif en Kernwaardes van Sola 5, 'n assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gemeentes en gelowiges in (tans) agt lande in Suider-Afrika

Waarom rig ek hierdie brief aan u? Die afgelope jaar of drie, maar veral die afgelope jaar het ek intens bewus geraak van ernstige dwaalleer wat posgevat het in die N.G. Kerk en ek is intens besorg oor broers en susters in die Here Jesus Christus wat in die N.G. Kerk is. Ek kry van tyd tot tyd te doen met predikante in u denominasie en ek ervaar intense bekommernis en selfs verwarring by van hulle (veral jongeres).

Ek het ook bevriend geraak met heelwat N.G.-lidmate en ’n paar predikante op "Facebook" en kon ek sommige van die debatte wat gevoer word tussen regsinnige lidmate en –predikante aan die eenkant en "nuwe hervormers"/"verligtes"/"liberales"/"vrydenkers" aan die anderkant. My simpatie met die "behoudendes" aan die eenkant en my skok en ontnugtering in predikante wat in my oë bykans niks meer van die Woord van God glo nie, het a.g.v. hierdie debatte, net nog verder verdiep.

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat die N.G. Kerk oënskynlik die wil en vermoë verloor het om op te tree teen teoloë, ampsdraers en predikante wat nie meer volgens die Belydenisskrifte en die Woord van God optree nie en derhalwe in my oë dwaalleraars geword het (Openb.2:14-15; 1 Tes.5:14; 2 Tim.4:2-5; Deut.13:5; 1 Kor.5:11, 13; Titus 1:9; e.a.). In die lig van Ferdie Mulder se boek, asook dit wat ek in die pers, persoonlike Blogs en "Facebook" lees, kan ek nie anders as om te dink dat die gesagstrukture van die N.G. Kerk reeds deur die "nuwe hervormers" gekaap is en daarom dat niks gedoen word aan persone/lidmate wat die Kerk van die Here Jesus Christus intens skade berokken nie.

Ek kan bv. nie verstaan hoe ’n persoon soos Jean Oosthuizen steeds maar net toegelaat word in sy posisie by die Kerkbode, terwyl hy blatant voortgaan om mense (insluitende myself) te belaster, te beledig, te verkleineer en geen standpunt inneem teen dwaalleer nie – hy maak ’n openlike bespotting van God Drie-Enig, ens. (Titus 1:16; e.a.). Hy gebruik baie dikwels kru taal teenoor mense wat opgevoede heidene nie eens sal gebruik nie (’n voorbeeld van een van die "Facebook" drade wat hierdie feite bevestig kan op versoek verskaf word) en dan praat ek nie eens van sy persoonlike "Facebook-muur" nie! Christene wat sterk van hom op Facebook verskil, word summier geblok, maar ateïste word ‘n vry hand gegee om God te laster. Dit lyk na ‘n eensydige skending van spraakvryheid.

Ek staan verstom en geskok oor sommige predikante se uitsprake oor die hel (wat kwansuis nie bestaan nie – Matt.5:22; Mark.9:47-48; 1 Tim.1:19-20; e.a.); die feit dat Satan nie ’n werklikheid is nie (Jak.4:7; 1 Pet.5:8; e.a.); geen sondeval nie (Gen.3; 1 Joh.1:6, 8; e.a.); dat Jesus nie uit ’n maagd gebore is nie (Matt.1:18; Luk.1:34; e.a.); die feit dat Christus nie uit die dood opgestaan het nie (Luk.24:36; Joh.20:27; e.a.); dat Jesus Christus nie aan die regterhand van God die Vader sit nie (Mark.16:19; e.a.); die skepping; Jona en Noag wat mitologiese verhale is; uitsprake wat positief is oor die "emergent church", panenteïsme, homoseksualitiet, ens. ens. My vraag is, hoe die N.G. Kerk steeds kan toelaat dat die gewone lidmaat (geredde en soekendes) wat op soek is na ’n ware en intieme verhouding met Jesus Christus en groei in heiligmaking, blootgestel kan word aan sulke predikante en selfs ’n moderator? Manne soos Nelus Niemandt; ’n Albert Cruywagen; Gerhard Bothma; Ben du Toit en talle teologiese professore en andere? Ek wil nie eers kommentaar lewer op sommige sinodale besluite nie.

Ek wil nie eers kommentaar lewer op sommige werklik-ontstellende Algemene Sinode- besluite nie.

Aan die begin van hierdie jaar, toe ek ook Ferdie Mulder se boek "Opgestaan" gelees het, is dit wat ek ervaar, gehoor, gelees en vermoed het, opnuut bevestig en het ek net nog meer intens bewus geraak van wat in die N.G.K. aan die gang is en wat sommige van u as predikante, studente en talle lidmate moet ervaar. My hart het al meer begin pyn vir regsinnige (gereformeerde) broers en susters in die N.G. Kerk en het ek net nog dieper bewus geraak van die nood; die paniek; die verwarring; die pyn; ens. wat besig is om pos te vat by diesulkes. Ek is veral ook intens bekommerd oor "onskuldige" kinders wat "losgelaat" word in van die teologiese fakulteite waar N.G. predikante opgelei word.

Ek en ons gemeente is tans deel van "SOLA 5", ’n assosiasie van Evangeliese Christene in Suidelike Afrika en ek dien ook tans op die hoofbestuur van "SOLA 5". Die meeste van die predikante wat deel uitmaak van "SOLA 5" is Engelssprekende broers in die Here en hulle wil gedurig van my weet wat aan die gang is in Afrikaanse kerklike geledere en hoe ek dit sien. Ek self vra my daagliks die vraag af: Wat gaan hier aan? Wat kan ons doen – wat kan ek doen? Dit gaan tog immers hier oor die eer van God en die waarheid!

Die Skrif roep ons ernstig op om te waak teen dwaalleer, omdat dit mense weglei van die geopenbaarde waarhede. Dit is nie ‘n saak wat enige Christen by hom kan laat verbygaan nie (2 Pet.2:1-2; Titus 1:7-11; 2 Tes.2:15; e.a.).

My broeder in Christus, ek is intens bekommerd oor die Kerk in Suid-Afrika in die algemeen en dan spesifiek oor wat aan die gang is in die N.G. Kerk en ek bid dat die Here sal ingryp en Sy eer sal herstel. Ek wens so dat ek hande kon vat met u in hierdie stryd op vergaderings, forums, sinodes, ens., maar omdat ek nie lidmaat van die NGK is nie, kan ek nie en kan ek u maar net verseker van my voorbidding en dat ek waar moontlik my bydrae sal lewer.

Sterkte in die stryd – ek dink aan u!

U broeder in Christus Jesus.

Kobus van der Walt

Bondige Geskiedenis van die Gemeente

’n KORT OORSIG OOR DIE GESKIEDENIS VAN ONS GEMEENTE

Rondom die einde van 1983, was daar ‘n klompie lidmate in een spesifieke Gereformeerde Gemeente in Vereeniging, wat al meer ontnugter geraak het oor bepaalde sake in die kerk, waaronder die gebrek aan ‘n behoorlik funksionerende gemeenskap van heiliges, ‘n gebrek aan behoorlike lofprysing en aanbidding, asook ‘n gebrek aan uitlewing van die leerstellinge wat die lidmate bely. ‘n Kerngroep van hierdie bepaalde gemeente het oor ‘n tydperk van nagenoeg 12 maande ander moontlikhede van ‘n geestelike tuiste begin ondersoek.

Tesame met gelowiges uit ander denominasies, het ongeveer nege broers en susters op gereelde basis, begin bid vir ‘n geestelike leier wat hulle kon beroep as hul herder en leraar in ‘n nuwe gemeentelike bedeling.

Op aanbeveling van ds. Konki van der Walt, het hierdie groepie te hore gekom van ‘n siviele ingenieur, by name Nico van der Walt, wat ‘n jaar of twee van tevore sy teologiese studies aan die Potchefstroomse Universiteit afgehandel het. Nico is beroep en hy en sy vrou Soniah en hul vier dogters het gedurende Julie 1984 na Vereeniging verhuis en is ‘n nuwe gemeente gestig.

Aanvanklik was die gemeente geaffilieer by die ABK (Afrikaanse Baptiste Kerk). Daar het egter so vroeg as 1985 ‘n rigtinggewende verandering plaasgevind en het die gemeente ‘n onafhanklike gemeente geword en wel onder die naam “Vaaldriehoek Christengemeenskap”. Op daardie stadium was die gemeente “semi-charismaties”, maar die klem het meer geval op die “semi”. Bybelse waarhede wat deur “stewige” eksegetiese prediking gebring is, het sentraal gestaan in die lewe van die gemeente en lidmate.

Aan die begin van 1990 het Nico en sy gesin na Noordhoek in die Wes-Kaap verhuis en is die gemeente vir die volgende twee jaar, hoofsaaklik deur die ouderlinge gelei. Genadiglik het die Here aan die begin van 1992, en wel op versoek van die leierskap van die gemeente, vir Nico en sy gesin terug gelei na die gemeente.

Daar het ‘n ingrypende teologiese koersaanpassing plaasgevind met die terugkeer van Nico. Hy het dit baie duidelik gemaak dat hy deur God se genade oortuig geraak het van die absolute waarhede van die gereformeerde geloof. Kort daarna het die gemeente geaffilieer by die destydse RBA (“Reformed Baptist Association of South Africa”). “Die Baptiste Geloofsbelydenis van 1689” het dan terselfdertyd ook die geloofsbelydenis van die gemeente geword (dit is tot vandag toe dan ook die geval). Gedurende hierdie tyd is die gemeente se naam ook verander na ANTIPAS GEREFORMEERDE BAPTISTE GEMEENTE (kortweg sommer net: Antipas Gemeente). Hierdie naam is afgelei van die naam van die getroue getuie in Openb.2:13.

In 1997 het die leierskap van die gemeente intens bewus geraak van die behoefte wat daar bestaan aan die prediking van Nico in ander dele van die land, maar veral in Pretoria. Na vele gebed en samesprekings, het dit duidelik geraak dat die Here besig is om Nico voor te berei vir ‘n “nuwe werk” in Pretoria. Gedurende Januarie 1998 het Nico en ‘n groepie gelowiges, met dienste in ‘n skoolsaal in Pretoria begin. En gedurende die tweede helfte van 1999 het hy en sy familie, met die seënwense van die gemeente, na Pretoria verhuis. Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente, Pretoria is kort hierna gestig en aanvanklik het die gemeente onder die leiding van die ouderlinge van die Vereeniging gemeente gestaan.

In Maart 1999 is Johannes de Koning na ons gemeente beroep. Hy en sy vrou Jacolette het getrou in Antipas gearbei tot en met November 2003.

Intussen het ons Hemelse Vader in die hart van Kobus van der Walt (ook ‘n oud-PUK) gewerk en het hy die beroep as herder en leraar na ons gemeente aanvaar en sluit hy en sy vrou Jeanne hulle by die gemeente aan in Januarie 2005.

In September 2010 besluit die gemeente eenparig om die gemeente se naam te verander na VAALDRIEHOEK BAPTISTEGEMEENTE / VAAL TRIANGLE BAPTIST CHURCH.

Awesome Inc. theme. Powered by Blogger.