Wednesday 30 January 2013

DIE PELGRIM SE REIS ~ 12 Van die Drie Slapendes tot by die Uitspanplek op die Heuwel


Let asb. daarop dat hierdie 'n ongeredigeerde weergawe van die oorspronklike lering is en die eerste en lateres, sal weldra ook geplaas word - daar word ook nog ernstig gedink aan beter vertalings vir die verskillende karakters se name - voorstelle sal verwelkom word

DIE PELGRIM SE REIS ~ 12
Van die Drie Slapendes tot by die Uitspanplek op die Heuwel
 (p.40-41  of   p.38-41  of  42-45)


1.  INLEIDING:
Groep 1
Groep 2
Dwaas -  (Simple)
Luiaard - (Sloth)
Vermetel - (Presumption)
Formalis - (Formality)
Huigelaar - (Hypocrisy)

Lees p.40-40 of 38-39 of 42-43:
Kom ons kyk vlugtig na ‘n paar feite t.o.v. die eerste groep manne – ons kan hulle ook “Die Drie Slapendes” noem.  “Pelgrim” ontmoet hulle aan die voet van ‘n heuwel waar hulle vas aan die slaap gelê het, met hulle voete wat vas was in boeie.  “Pelgrim” waarsku hierdie manne dat die satan soos ‘n brullende leeu rondloop en dat hulle pad moet gee.  Hierdie drie manne het egter elkeen sy eie standpunt t.o.v. “Pelgrim” se oproep om pad te gee, wat dus dui op verskillende geloofsoortuigings: 

o    “Dwaas” se oortuigings:
“Dwaas” is lui en sy reaksie is dat hy geen gevaar kan sien nie.  Dit is baie duidelik dat hy geestelik onkundig, dom en naïef is.  Hiermee saam kan ons 1Tes.5:2-3 lees ~ Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ’n dief in die nag. 3 Wanneer die mense sê: “Alles is rustig en veilig,” sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne ’n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie.

“Dwaas” steur hom dus aan geen raad en die Woord nie, want hy wil net verder slaap – hy is soos sovele mense rondom ons wat die Woord hoor, maar verkies om maar net die lewe te geniet en hom nie te steur aan die Woord van die Here nie.  In Spr.1: 22 lees ons die volgende t.o.v. sulke dwase ~ “Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ’n afkeer hê van kennis?  Vers 25 ~ Julle het my raad alles in die wind geslaan, julle wou julle nie laat teregwys nie.  Vers 29-32 ~ Julle het ’n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien, 30 julle het my raad verontagsaam en elke teregwysing van my geminag. 31 Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg. 32 “Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood, die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid.
Spr.14:15-18 is net so treffend in hierdie opsig ~ Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word; ’n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.  16 Wie wysheid het, is versigtig en vermy die kwaad; wie wysheid kortkom, is roekeloos en selfversekerd.  17 Wie kort van draad is, begaan dwaashede; ’n agterbakse mens maak hom gehaat.  18 Mense wat ervaring kortkom, sit met hulle eie dwaasheid; verstandige mense word met kennis bekroon.
(sien ook Spr. 1:25, 29, 32; 7:6,7; 8:5-11; 9:1-6; 9:13 - 18; 22:3; 27:12).

o    “Luiaard” se oortuigings:
“Luiaard” se reaksie op “Pelgrim se oproep om te vlug, is dat hy nie ‘n saak het met “Pelgrim” se bekommernis nie en dat “Pelgrim” hom moet uitlos, want hy wil net verder slaap.  Hy is geestelik lui, lusteloos, onverantwoordelik en ongeërg.

Dit herinner ‘n mens sterk aan die woorde in Openb.3:1-6 ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis: So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. 2 Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie. 3 Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ’n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie. 4 Maar julle het darem ’n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is. 5 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort. 6 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

Spr.19:24 ~ ’n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar bring dit nie terug na sy mond toe nie (sien ook: Spr.6:6-11; 10:26; 12:27; 15:19 en 22:13).

o    “Vermetel” se oortuigings:
“Vermetel”  wil ook niks van “Pelgrim” se raad weet nie en sy reaksie is, dat hy bereid is om die kans te neem – sy reaksie kan opgesom word met die Engelse spreekwoord, “Every barrel must stand on it’s own bottom”.  Hy is verder ook hoogmoedig, arrogant, onbeskaamd, trots en selfversekerd.  Hy is dus uiters verwaand wat opsig self sonde is.

Ons lees in Openb.3:14-20 die volgende ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Laodisea: So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het: 15 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! 16 Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. 17 Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. 18 Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien. 19 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. 20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. 21 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 

Die feit dat hul voete in boeie geslaan is, dui dus daarop dat hulle verkleef is aan hierdie wêreld.

Lees p.40-41 of 39-41 of 43-45:
Hier ontmoet “Pelgrim” die ander twee manne langs die pad, nl. ”Formalis” en “Huigelaar”.  Daar is ook ‘n paar dinge wat ons moet weet t.o.v. hierdie twee knape:
o    Hulle het al vallende oor die muur gekom – Nie deur die Hek of te wel die Nou Poort nie ~ Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. 14 Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min (Matt.7:13-14) en Joh.10:9 ~ Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry.
o    Hulle kom van die land genaamd “Ydelheid”, daar waar roem en heerlikheid gesoek word in ydele dinge wat geen waarde voor God het nie ~ Om te veel heuning te eet, is nie goed nie, ook nie om eer te bly soek nie (Spr.25:27), asook Fil.3:19 ~ Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.
o    Hulle gaan nie na die Berg Sion om lof en eer te gee nie, maar om lof en eer te ontvang ~ Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God (1Kor.10:31); Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys (Ps.115:1) en Openb.4:9-11 ~ Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê: 11 “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep(sien ook: Ps.107:2,8,15; 1Tim.1:7; Ef.3:21 en Openb.5:9-13).
o    Hierdie twee is onwillig om ‘n paar dinge te doen:
-       Om inspraak in hulle lewens te aanvaar en ook nie teregwysing of goeie raad nie ~ Maar solank daar nog ’n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (Hebr.3:13); en Spr.1:29-30 is so waar van hulle lewens ~ Julle het ’n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien, 30 julle het my raad verontagsaam en elke teregwysing van my geminag (sien ook Ps.141:5; Spr.5:12).
-       Hulle is onwillig om te erken dat hulle nood het en daarom is Gal.6:3 waar van hulle ~ As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself .
-       Hulle is ook nie bereid om hulself te ondersoek, soos wat 2Kor.13:5 vir ons leer om te doen nie ~ Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.
-       A.g.v. van bg. is hulle dus ook nie bereid om enige verandering te maak, of hulle te bekeer nie.
o    Hulle oortuig hulleself dat hulle genoegsame redes het waarom dit nie nodig vir hulle is om deur die Nou Poort te gaan nie.  Waarom nie?
-       Dit strook met populêre oortuigings, nl. dat dit te moeilik is om op die Smal Weg te wandel en dit is beslis nie nodig nie.
-       Die meeste kerke preek dit dan nie en dit is ook nie aan hulle gesê, toe hulle “Christene” geword het nie.
-       Van die vroegste tye af (vir 1000de jare al), het mense “Christene” geword, sonder om hulleself te verneder, of om oënskynlik berou oor hul sonde te hê, hulle te bekeer en hulle het hul enigste hoop geplaas in die soendood van Jesus Christus.
-       Hoe jy dus ‘n Christen word, is nie belangrik nie, maar dat jy ‘n Christen word – hoe jy lewe is wat tel – Christene is mos ook maar net mense.

Al wat vir “Formalis” en “Huigelaar” saak maak, is hul eie denke en self-geskepte teologie – solank dit net vir hulle sin maak, is dit alles in die haak en nie wat die Woord leer nie – dit laat ‘n mens nogal dink aan die woorde in Spr.14:12 ~ Daar is ’n lewenswyse wat vir ’n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.

Hulle kan selfs ander mense se getuienis inroep om te motiveer waarom hulle dan kwansuis reg is.  Vir hulle sal God ook sê ~ Mense sê julle moet mediums en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet ’n volk nie sy God raadpleeg nie? Waarom sou ’n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg? 20 Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms! (Jes.8:19-20).  Hoeveel beter sou dit nie gewees het, as hulle vasgeklou het aan die woorde van Ps.119:128 nie ~ Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad, of Joh.17:17 ~ Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

Kom ons kyk ‘n bietjie na “Formalis” se godsdienstige oriëntasie:
·         Hy is ‘n godsdienstige presteerder.  En sy probleem word mooi beskryf in 2Tim.3:5 ~ Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
·         Sy godsdiens laat dink ‘n mens aan Paulus, voor sy bekering ~ ...ek is op die agste dag besny, van geboorte ’n Israeliet, uit die stam Benjamin, ’n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ’n Fariseër, 6 in my ywer ’n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik (Fil.3:5-6), asook Gal.1:13-14 ~ Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog ’n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei. 14 En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was ’n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders.

“Ydelheid” se godsdienstige oriëntasie en oortuigings is een van voorgee en valsheid:
·         As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.  Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,  sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”  “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg (Matt.6:2-5).

Let op na die vier vrae wat “Pelgrim” vir “Formalis” en “Ydelheid” vra: 
·         Waar kom julle vandaan en waar gaan julle heen?
·         Waarom het julle nie deur die Nou Poort?
·         Aangesien God gesê het dat julle deur die Nou Poort moet kom en julle, julle nie daaraan gesteur het nie – Is dit nie ‘n oortreding teen God nie?
·         Sal julle staande bly wanneer julle voor God se regterstoel verskyn?

“Formalis” en “Ydelheid” het gedink dat hulle dieselfde is as “Pelgrim”, maar dit was natuurlik nie waar nie.  Hoe was hulle anders?
·         Hulle het hulle nie onderwerp aan God se wil nie.
·         Hulle is nie beklee met God se geregtigheid nie.
·         Hulle was anders wat betref hul hartsgesindhede en begeertes.
·         Hulle is gerig deur hul rede (verstand) en wat andere dink en sê.
·         Hulle was trots op hul eie “geregtigheid”.
·         Hulle was gemotiveer en beheer deur ‘n begeerte na selfgenot wat vir hulle plesier kan verskaf.
·         Hulle was afgodedienaars en hulle het hulself i.p.v. God aanbid.

Lees p.42-43 of 41-42 of 45-46:
Hier aan die voet van “Moeilikheidsheuwel”, is twee dinge baie opmerklik:
·         Daar is drie paaie om te volg – Twee wat uitloop op gevaar en vernietiging en een wat reguit teen die heuwel uitloop.  “Formalis” en "Ydelheid” kies om op die twee paaie te loop wat nie teen die heuwel uitgaan nie – ons sal hulle dan ook aanstons nie weer sien nie, want die een he heeltemal verdwaal en die ander een het homself te pletter geval oor ‘n afgrond.  “Pelgrim” daarteenoor, het gekies om die pad teen die heuwel uit te loop.
·         Ons sien ook ‘n fontein met vars water en dit laat dink ons aan Jes.43:1-3 ~ Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. 2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, 3 want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek (sien ook Hebr.4:16 en 2Kor.12:4-11; 9-8).

Wat se lesse kan ons leer uit hierdie verhaal van “Moeilikheidsheuwel”?
·         Sulke “heuwel-ervarings” is wonderlike “ontbloters” en onthul presies wie en wat jy is en Wie God werklik in jou lewe is.
·         God berei ons dikwels vooraf voor vir sulke ervarings, deur ons te “verfris met vars water”, want Hy weet vooraf wat ons nodig gaan hê.
·         God gebruik sulke “heuwel-ervarings” om ons terug te bring na die werklikheid toe.
·         God laat toe dat jong gelowiges gekonfronteer word met uitdagings.
·         Nie almal wat beweer dat hulle Christene is, is waarlik gelowiges nie.
·         God weet wanneer ons genoeg gehad het en dan bring Hy so ’n “rusplek” in ons lewens

Lees p.43-43 of 42-42 of 46-46:
“Pelgrim” het nou teen die heuwel opgesukkel en was baie moeg, toe hy halfpad op, by ‘n uitspanplek gekom het.  God weet wanneer ons genoeg gehad het en dan bring Hy ons by so ‘n rusplek in ons lewens.

“Pelgrim” het drie dinge gedoen toe hy by die rusplek uitgekom het:
·         Hy het gerus – soms is dit nodig dat ons ook “geestelik asem sal skep” en dalk selfs vakansie gaan hou. Matt.11:28 ~ “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (sien ook: Ps.23:3; 37:7; Mark.6:31)
·         Hy lees weer uit die Boek wat hy by hom gehad het.  Hierdie is natuurlik ‘n teken van sy redding – hy dink na oor hoe hy dit ontvang het ~ Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14 Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys (Ef.1:13-14), asook Rom.8:16 ~ Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is (sien ook 2Pet.1:4)
·         Hy dink ook na oor hoe sy vodde klere uitgetrek is en hoe hy geklee is in ’n nuwe uitrusting van die geregtigheid van Christus.  Wat beteken dit as ons praat van “’n nuwe kleed van geregtigheid”?  Ef.1:6-7 ~ Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7 Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.  Hiermee saam, Rom.3:24 ~ ...maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.  Nog ’n belangrike teksvers in hierdie verband is Kol.1:13-14 ~ Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14 Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.  Die ou kleed van sondeskuld is dus uitgetrek en deur Christus se soendood het ons wat in Hom glo, ’n nuwe kleed gekry, nl. ’n kleed van geregtigheid en diegene wat hierdie kleed aan het, sal gered word wanneer hulle voor God se Regterstoel verskyn.

Daar het egter nog ’n paar ander dinge met “Pelgrim gebeur, terwyl hy op “Moeilikheidsheuwel” gerus het:
·         Hy het verskillende soorte versoekings beleef
·         Hy het vaak geraak en aan die slaap geraak – hy het aanvanklik Bybel gelees en nagedink oor sy redding, maar mettertyd het hy opgehou om “stiltetyd” te hou – hy (om dit deur te trek na ons toe) lees dus nie meer geestelik boeke nie, hy luister nie na geestelike musiek nie en hy het nie meer gemeenskap met medegelowiges ens. nie.  Ons moet mekaar help en wakker maak – dit is die grootste guns wat ons mekaar kan bewys.
·         Hy word wakker gemaak deur ’n boodskapper en word sterk aangespreek

Watter ervarings in ons eie lewe, word verteenwoordig deur hierdie gebeure in “Pelgrim” se lewe?
·         Tye wanneer ons self lui en agterlosig raak in ons geestelike lewe.
·         Tye wanneer ek roem op my verhouding met God maar ‘n mens kan dit nie regtig in my lewe sien nie.
·         Tye wanneer ons selftevrede raak.
·         Tye wanneer ons stil gaan staan en ophou veg teen die sonde en aanvalle van die bose – ons bied dus nie weerstand nie.
·         Tye wanneer ons selfversekerd raak en ons sekuriteit in onsself gesetel is.

Daar is talle waarskuwings in die Skrif oor die gevaar vir gelowiges wat verslap en selfs aan die slaap raak:
·         Openb.3:1-3 ~ Skrywe aan die leraar van die gemeente in Sardis: So sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle die naam het dat julle lewe, en tog is julle dood. 2 Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor die oë van my God nie. 3Dink daaraan hoe julle die evangelie ontvang en daarna geluister het. Hou daarmee vol en bekeer julle. As julle nie wakker word nie, sal Ek onverwags kom soos ’n dief, en julle sal nie weet wanneer Ek op julle sal afkom nie.
·         1Pet.5:8 ~ Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.  Hierdie is so ironies nie waar – net ‘n klein tydjie terug het “Pelgrim” juis vir “Dwaas”, “Luiaard” en “Vermetel” hierteen gewaarsku en nou val hy amper in dieselfde slaggat!
·         Rom.13:11 ~ En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het (sien ook: Ef.5:14; 1Tes.5:6-8; Spr.24:3-34; Spr.6:9-11).

Ons moet dus daarop let, dat “Uitspanplekke” vir ons as gelowiges, gevaar kan inhou, maar as ons “wakker bly” wag daar wonderlike beloftes op ons ~ Deut.8:7-9 ~ ...want Hy sal jou in ’n goeie land bring: ’n land met waterstrome, met fonteine en riviere wat in valleie en berge ontspring, 8 ’n land met koring en gars, wingerde, vyebome en granate, ’n land met volop olyfolie en heuning, 9 ’n land sonder armoede, waarin jy genoeg sal eet en niks sal kortkom nie, ’n land waarin daar volop yster in die klippe is en waar jy kan koper delf in die berge (sien ook: Deut.8:10-19; Ps.107:4-27).

Wanneer ons as gelowiges, soos “Pelgrim”, geestelik aan die slaap raak en dan uiteindelik wakker word, verloor ons bepaalde dinge – Wat het hy agter gelaat?  Die Woord!  Wat verteenwoordig dit in die gelowige se lewe?  Hy verloor sy geloofsekerheid!  Rig.16:18-21 ~ Delila het besef dat hy haar hierdie keer sy lewensgeheim vertel het. Sy het toe die leiers van die Filistyne laat roep: “Kom hierdie keer! Hy het my sy lewensgeheim vertel.” Hulle het toe na haar toe gekom en die geld saamgebring. 19 Sy het vir Simson op haar skoot aan die slaap gemaak en ’n man geroep, en hy het Simson se sewe haarlokke afgeskeer. So het sy hom laat swak word, sy krag het verdwyn. 20 Toe sy sê: “Die Filistyne is hier, Simson!” het hy wakker geskrik en gedink: ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk. Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie. 21 Die Filistyne het hom gegryp en sy oë uitgesteek. Hulle het hom na Gasa toe gevat en hom met ’n dubbele bronsketting geboei. In die tronk moes hy die meul draai. Asook Hos.7:8-9 ~ Efraim is tussen die nasies, maar hy word self geknie. Efraim het soos ’n askoek geword wat verbrand het. 9 Vreemdes het sy krag verteer, maar hy besef dit nie! Hy het muf geraak soos ou brood, maar hy besef dit nie.
4.  VOLGENDE KEER:
DIE PELGRIM SE REIS ~ 13
Die Pragtige Paleis